‘Mor­kel kan met sy wip Pro­tea­wa­pen wees’

Beeld - - Sport - Jo­hann de Ja­ger

Die voor­slag­bou­ler Mor­né Mor­kel bied op die aan­val by­ko­men­de wip van die blad en daar­om is hy ’n moet teen ’n sub­kon­ti­nen­ta­le span soos Sri Lan­ka.

Dit is die me­ning van ken­ners aan die voor­aand van die Pro­te­as se eer­ste wed­stryd in die toer­nooi om die Kam­pi­oe­ne­tro­fee teen Sri Lan­ka, wat Sa­ter­dag op die O­val in Lon­den be­slis word.

Mor­kel (32) was Maan­dag in Suid-A­fri­ka se der­de en laas­te wed­stryd teen En­ge­land vir die eer­ste keer se­dert Ju­nie 2016 weer in ’n kits­wed­stryd in ak­sie. Ka­gi­so Ra­ba­da (4/39) en Way­ne Par­nell (3/43) het in die eer­ste vyf boul­beur­te toe­ge­slaan en ses paal­tjies laat kan­tel. Mor­kel (0/15) het slegs vier beur­te in sy te­rug­keer tot een­dag­krie- ket af­ge­stuur.

Rus­sell Do­min­go, Pro­tea-af­rig­ter, het ná die tyd ge­sê hul­le sit nou tus­sen twee vu­re wat Mor­kel se in­slui­ting be­tref.

“Ons is tus­sen die dui­wel en die diep blou see. Ons bou­l­aan­val is dalk ster­ker met hom daar, maar ons kolf­lys is kor­ter om­dat ons dan nie meer drie veel­sy­di­ge s­pe­lers kan kies nie.”

Hy wys ook daar­op dat Mor­kel slegs vier beur­te af­ge­stuur het en voor dit lank­laas kits­krie­ket ge­speel het.

Boe­ta Dip­pe­naar, voor­ma­li­ge Pro­tea-kol­wer, sê hy sou Mor­kel in­span juis om­dat die span teen Sri Lan­ka speel.

“Hy kry goeie wip en die span­ne van die sub­kon­ti­nent hou nie van dié soort boul­werk nie,” sê Dip­pe­naar.

Ro­ger Te­le­ma­chus, voor­ma­li­ge Pro­tea-bou­ler, stem saam dat Mor­kel teen Sri Lan­ka oor­weeg moet word juis om­dat hy die ver­moë het om af­le­we­rings skerp van die blad te laat op­skiet. “Ek sal graag wil sien dat ie­mand wat hier na­by aan 140 km/h boul aan die be­gin van ’n beurt saam met KG (Ra­ba­da) in­ge­span word.”

Te­le­ma­chus sê nog iets wat Suid-A­fri­ka moet oor­weeg, is om dalk soos En­ge­land twee draai­ers te kies.

Die by­bre­ker Im­ran Ta­hir, wat Maan­dag se wed­stryd met ’n sty­we dy­spier mis­ge­loop het, sal vol­gens Do­min­go Sa­ter­dag be­skik­baar wees.

B­rett S­chultz, voor­ma­li­ge Suid-A­fri­kaan­se snel­bou­ler, sê hy sal Mor­kel sterk oor­weeg, maar net as die blad lyk soos Maan­dag s’n op Lord’s. Ra­ba­da en kie het daar die En­gel­se kol­wers laat bont­staan in Suid-A­fri- ka se se­ge met se­we paal­tjies. Dit was die eer­ste keer in die ge­skie­de­nis dat ’n span ses paal­tjies bin­ne die eer­ste 30 af­le­we­rings ver­loor het.

Eoin Mor­gan, En­ge­land se kap­tein, sê hy sal te­leur­ge­steld wees as hul­le in die toer­nooi om die Kam­pi­oe­ne­tro­fee weer gras­groen kolf­blaaie soos dié een te­ë­kom. ) U­pul T­ha­ran­ga, Sri Lan­ka se aan­vangs­kol­wer, het gis­ter in ’n op­war­mings­wed­stryd teen Ni­euSee­land 110 lo­pies van 104 af­le­we­rings aan­ge­te­ken.

Sri Lan­ka het in Bir­ming­ham 356/8 aan­ge­te­ken, maar die Ki­wi’s het proef­ne­mings ge­maak en som­mer ne­ge bou­lers in­ge­span.

Sri Lan­ka het ver­le­de Vry­dag in sy voor­sma­kie van die O­val 318/7 teen Aus­tra­lië op­ge­sta­pel.

By­ko­men­de bron: cri­cin­fo.com.

Fo­to: GETTY IMAGES

Mor­né Mor­kel

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.