Ka­gi­so Ra­ba­da nou nr. 1

Beeld - - Sport - – S­port­re­dak­sie

Die Pro­te­as sal die toer­nooi om die Kam­pi­oe­ne­tro­fee, wat mô­re in En­ge­land be­gin, steeds as die voor­ste een­dag­span op die rang­lys be­gin – en met die voor­ste kol­wer én ­bou­ler in sy ge­le­de­re.

Dít volg na­dat die snel­bou­ler Ka­gi­so Ra­ba­da (22) die plek as die wê­reld se voor­ste een­dag­bou­ler by sy Pro­tea­span­maat Im­ran Ta­hir oor­ge­neem het op die jong­ste rang­lys van die In­ter­na­si­o­na­le K­rie­ket­raad.

Ra­ba­da se se­we paal­tjies was die mees­te in die reeks tus­sen Suid­A­fri­ka en En­ge­land. Die B­rit­te het dit met 2­1 ge­wen. Hy is die jong­ste spe­ler se­dert die Pa­kistan­se draai­bal­bou­ler Sa­qlain Mushtaq in 1998 om die voor­ste plek op die rang­lys te be­klee.

Ra­ba­da het se­dert sy een­dag­bui­ging in 2015 teen Bangla­desj al in 37 een­dag­wed­stry­de ge­speel, waar­in hy 64 paal­tjies teen ’n ge­mid­del­de van 24.90 plat­ge­trek het.

AB de Vil­liers is steeds die voor­ste een­dag­kol­wer ter wê­reld. Die Pro­tea­kap­tein is op 874 pun­te met drie pun­te voor die Aus­tra­li­ër Da­vid War­ner, wat in die twee­de plek op 871 pun­te is.

Die Pro­te­as is on­danks hul reeks­ne­der­laag teen En­ge­land steeds die voor­ste een­dag­span ter wê­reld, met 122 pun­te. Aus­tra­lië, op 118 pun­te, is in die twee­de plek, ge­volg deur In­dië met 117 pun­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.