‘Ek wil ’n po­li­sie­vrou word’

Beeld - - Front Page -

Kapt. Dolf de Bruin help Ko­pa­no Mot­l­ha­bak­we (18), ’n ma­triek­leer­ling aan die P­re­to­ria Techni­cal High S­chool, be­sker­mings­kle­re aan­trek. Ko­pa­no was een van so­wat 200 mei­sies van ho­ër­sko­le in en om P­re­to­ria wat gis­ter ’n toer by die po­li­sie­kol­le­ge in P­re­to­ria­Wes by­ge­woon het. Kol. A­me­lia D­rey­er, po­li­sie­woord­voer­der, sê die mei­sies is in­ge­lig oor ver­skil­len­de loop­ba­ne in die po­li­sie­diens om hul­le aan te moe­dig om dit te oor­weeg, be­rig Sim­vuy­e­le Ma­ge­za. Hul­le het met po­li­sie­le­de van ver­skil­len­de af­de­lings ge­sels en de­mon­stra­sies ge­sien. Hul­le het ook ver­skil­len­de vuur­wa­pens en u­ni­forms ge­sien. Baie van die mei­sies was ver­ras oor die tal­le een­he­de in die po­li­sie. Die mei­sies is be­wus ge­maak van mis­daad en ver­al ge­weld teen­oor en die mis­han­de­ling van vroue en kin­ders.

Fo­to: DEAAN VIVIER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.