Oud­Bul Hei­ni A­dams help Fran­se Baabaas brei

Beeld - - Sakenuus - – Rug­by365

’n Voor­ma­li­ge Bul­le­skrum­ska­kel sal in Ju­nie die Fran­se Bar­ba­ri­ans help om die Suid­A­fri­kaan­se A­span te pro­beer klop.

Hei­ni A­dams, wat die S­pring­bok­ke in 2009 in twee toer­wed­stry­de in En­ge­land ver­teen­woor­dig het, is een van die Fran­se Baabaas se hulp­af­rig­ters vir hul twee wed­stry­de teen die SA A­span.

Die Baabaas sal die Bok­ke se naas­bes­tes op 16 Ju­nie in Dur­ban en weer op 23 Ju­nie in So­we­to die stryd aan­sê.

Nóg ’n lid van die toer­span wat Suid­A­fri­ka, en ver­al Dur­ban, goed ken, is die deur­win­ter­de los­ska­kel en kap­tein Fré­dé­ric Mi­cha­lak.

Mi­cha­lak het in 2008, 2011 en 2012 vir die Haaie in die Cur­rie­be­ker­ en Su­per­rug­by­reeks uit­ge­draf.

Die span word deur die klub­span Lyon se brei­er, Pier­re Mig­no­ni, af­ge­rig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.