Dey­sel sluit hom by Ul­ster aan; vry­ge­stel by Haaie

Beeld - - Sakenuus - – Ti­nus van S­ta­den

Die Ier­se kul­tuur strook dui­de­lik goed met Je­an Dey­sel, want dié voor­ma­li­ge S­pring­bok­los­voor­spe­ler gaan hom vir die vol­gen­de twee jaar by die klub­span Ul­ster aan­sluit.

Dít volg na­dat Dey­sel, wat die Bok­ke vier keer ver­teen­woor­dig het, die af­ge­lo­pe drie maan­de op ’n kort­ter­myn­kon­trak vir nóg ’n Ier­se klub­span, Mun­ster, uit­ge­draf het.

Die Haaie, by wie Dey­sel nog ge­kon­trak­teer is, het gis­ter be­ves­tig dié sterk los­voor­spe­ler is voor­ty­dig van sy kon­trak met die K­waZu­lu­Na­tal­se fran­chi­se vry­ge­stel. Hy sal hom nou in Ju­lie by Ul­ster aan­sluit.

“Je­an was nog al­tyd ’n ge­wil­de lid van die span en hy het oor die ja­re ’n noe­mens­waar­di­ge by­drae tot die Haaie ge­le­wer,” sê die Haaie se hoof­af­rig­ter, Ro­bert du P­reez.

Dey­sel (32) het 156 keer vir die Haaie ge­speel na­dat hy in 2007 Dur­ban toe is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.