‘Ons kort geld!’

Gi­ga­ba wil by IMF, Wê­reld­bank leen om SA uit ver­knor­sing te red

Beeld - - Front Page -

Suid-A­fri­ka kan dalk by bui­te­land­se in­stel­lings, soos die In­ter­na­si­o­na­le Mo­ne­tê­re Fonds (IMF), om fi­nan­si­ë­le hulp aan­klop om uit sy e­ko­no­mie­se spi­raal te kom.

Ma­lu­si Gi­ga­ba, mi­nis­ter van fi­nan­sies, het dít gis­ter­og­gend be­kend ge­maak toe hy ’n ont­byt­saam­trek voor die be­gin van die ANC se na­si­o­na­le be­leids­kon­fe­ren­sie in Nas­rec, Jo­han­nes­burg, toe­ge­spreek het, be­rig Mo­ne­y­web.

Suid-A­fri­ka is tans in ’n re­ses­sie en het ’n werk­loos­heid­sy­fer van by­na 28%.

Gi­ga­ba, wat in Maart as die mi­nis­ter aan­ge­stel is na­dat pres. Ja­cob Zu­ma Pra­vin Gord­han af­ge­dank het, sê Suid-A­fri­ka mag fi­nan­si­ë­le hulp van bui­te no­dig hê, lui Mo­ne­y­web se be­rig.

“As die hoof­aan­dui­ders aan­hou om ver­der te­leur te stel, mag ons die hulp van kwar­tie­re soek wat ons tot dus­ver ver­my het.”

Toe dié nuus­a­gent­skap by Gi­ga­ba wou hoor of hy na die IMF ver­wys, het Gi­ga­ba ge­glim­lag en ge­sê: “E­ni­ge.”

Die rand het sy ver­lie­se teen­oor die A­me­ri­kaan­se dol­lar voort­ge­sit, ter­wyl ef­fek­te ver­swak het ná Gi­ga­ba se uit­la­tings oor die moont­lik­heid dat bui­te­land­se hulp ge­soek kan word.

I­saac Mas­he­go, se­ni­or e­ko­noom van Ned­bank, sê met die swak e­ko­no­mie­se groei sal die re­ge­ring meer moet leen.

“Dit mag be­te­ken om na mul­ti­la­te­ra­le in­stel­lings, soos die IMF, te gaan. Die is die erg­ste sce­na­rio.”

Ma­lu­si Gi­ga­ba

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.