Waan­sin

Ge­loof is die o­pi­um van die mas­sa, sê Karl Marx

Beeld - - Front Page - JOHANN VAN DER WEST­HUI­ZEN

Karl Marx het gods­diens die o­pi­um van die mas­sa ge­noem. ’n Ka­rak­ter in F­rie­drich Wil­helm Niet­zsche se werk het aan­ge­kon­dig dat God dood is. Daar word ver­tel graf­fi­ti op ’n muur het la­ter ge­sê: “God is dood – Niet­zsche”. Die vol­gen­de dag het daar ge­staan: “Niet­zsche is dood – God”.

Met sim­bo­lie­se dig­ting het Niet­zsche uit­ge­wys ons het God dood­ge­maak deur ons klein­li­ke mo­re­le voor­oor­de­le in ons gods­be­grip in te bou ten ein­de die­ge­ne wat ons “son­daars” noem te on­der­druk of te e­li­mi­neer.

Vol­tai­re het ge­sê as God nie be­staan het nie, sou ons hom uit­ge­dink het. Men­se het ’n god­heid as ’n mo­re­le kom­pas no­dig en om die mens­waar­dig­heid van an­der en hul­self aan vas te knoop.

Ten spy­te van die kruis­vaar­te, dji­hads en an­der oor­loë, roof­tog­te en gru­wels wat in die naam van ge­loof plaas­vind, het ek lank ge­glo gods­diens speel oor die al­ge­meen ’n po­si­tie­we rol in die sa­me­le­wing. Lie­we Je­sus het im­mers ge­sê ons moet me­kaar baie lief hê. Soos ek ver­staan, sluit dit volks­vreem­des in.

Hy het ge­sê ons moet die an­der wang draai wan­neer ie­mand ons ’n snot­klap gee.

Wan­neer rug­by­spe­lers op die veld draf, bid om nie be­seer te raak nie, of­te­wel om te wen, ver­geet hul­le ty­de­lik die an­der­wang­draai­e­ry, an­ders word hul­le ge­boe­lie en ver­loor hul­le. Dan kan hul­le nie hul he­mel­se Va­der be­dank vir hul ta­lent, of­te­wel oor­win­ning, nie.

Die pro­feet Mo­ham­med het ge­preek ’n mens moet vas en na die ar­mes om­sien. En vir die mil­joe­ne wat toe­val­lig on­der sy in­vloed ge­bo­re is (soos ek on­der Je­sus s’n), het Boed­dha soort­ge­ly­ke mooi, vreed­sa­me din­ge ge­sê.

Ons wê­reld het mo­ra­li­teit en v­re­de no­dig.

On­langs het ek ’n in­ter­na­si­o­na­le kon­gres oor siel­sie­kes in tron­ke by­ge­woon. Ter­wyl ek my by­dra­e­tjie voor­be­rei, sien ek die te­le­vi­sie­nuus en word baie meer be­kom­merd oor al die krank­sin­ni­ges bui­te ge­van­ge­nis­se as oor dié daar­bin­ne. As ’n ou mal ge­noeg is, word jy som­mer pre­si­dent en lei­er van die “Vrye Wê­reld”, lyk dit my.

Men­se blaas an­der op, steek hul­le met mes­se en kap hul kop­pe op te­le­vi­sie af om­dat hul god hul­le glo be­veel om on­ge­lo­wi­ges dood te maak. Dié wat ge­hoor­saam is, gaan vir e­wig he­mel toe, waar baie maag­de wag. En dan ry ’n ou van die an­der kant af men­se dood om­dat hul­le bui­te ’n mos­kee en der­hal­we dalk Mos­lems is.

Som­mi­ge ge­lo­wi­ges glo hul­le is ge­se­ënd om­dat hul­le ge­vas het of hul laas­te sen­te aan ’n wel­vaarts­ge­loof­pre­di­ker ge­gee het. Aan­ge­sien hul­le ryk be­hoort te word, help hul­le som­mer die Groot­baas ’n bie­tjie deur hul­self ryk te lieg en be­drieg.

Waar is die grens tus­sen ge­loof en waan­sin? Is daar een?

Wat is die ver­skil tus­sen ou­ens wat dink hul­le is Na­po­le­on; dié wat na hul voor­va­ders luis­ter of deur san­go­mas ver­tel word om ’n ou mens te ver­brand om­dat sy ’n heks is; en die­ge­ne vir wie Al­lah of die He­re vol­gens hul­le sê om men­se dood te maak of te be­lieg?

Ge­mar­gi­na­li­seer­de arm werk­lo­se “ver­loor­ders” (in die lei­er van die Vrye Wê­reld se woor­de) vind i­den­ti­teit en hul be­staan kry be­te­ke­nis wan­neer hul­le hul­le tot ’n ra­di­ka­le gods­diens “be­keer” en on­skul­di­ge men­se ver­moor. Die mags­hon­ge­res en gie­ri­ges ie­wers in grot­te waar A­me­ri­kaan­se bom­me hul­le nie kan by­kom nie, neem dan kre­diet daar­voor. Om­dat dit moei­te en op­of­fe­ring verg om mas­sas se ar­moe­de en uit­slui­ting aan te spreek, fo­kus ons op die gods­diens wat hul­le mis­bruik en waar­deur hul­le mis­bruik word.

Deur gods­diens o­pi­um vir die mas­sa te noem, het Marx be­doel die be­lof­te van ’n sa­li­ge hier­na­maals hou men­se pas­sief wan­neer hul­le teen hul on­der­druk­king en uit­bui­ting be­hoort op te staan.

Nou lyk dit of gods­diens die op­kik­ker of die tik van die suk­ke­laar, die pa­teet in ons mid­de, is. Die dig­ter Reitz sê in “Klaas Ge­s­wind en zyn paard”: “Die drank is tog die snaaks­ste goed; dit gee die bang­ste kê­rel moed.”

’n Jong klerk by ons hoog­ste hof wat met sy ge­loof wor­stel, vra my wat hy moet doen as sy stu­die van die Hei­li­ge Boek tot die ge­volg­trek­king lei dat I­sis ’n punt beet het. As jou Hei­li­ge Boek sê skool­mei­sies moet ont­voer, ver­koop en ver­krag word, dat moord op on­ge­lo­wi­ges ’n kaart­jie he­mel toe is of dat ’n ho­mo­sek­su­e­le mens wat ’n le­wens­maat se hand langs ’n siek­bed vas­hou hel toe gaan – net soos men­se wat vark­vleis eet – laat dan ruim­te daar­voor dat die skry­wers van die Hei­li­ge Boek baie lank ge­le­de by kers­lig nie mooi kon sien nie.

In­ter­pre­teer hul woor­de met jou eie ken­nis en naas­te­lief­de. As dit nie werk nie, gooi weg die boek. Kry ’n an­der een. Of ge­bruik som­mer die ge­son­de ver­stand wat aan jou toe­ver­trou is. ) Van der West­hui­zen is ’n voor­ma­li­ge reg­ter van die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof.

S­kets: HANLIE MALAN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.