Ou­baas is woe­dend

‘Hul­le sê nie eens dan­kie’

Beeld - - Front Page - Si­mon Son­ne­kus

Al was Pier­re van P­let­zen se ka­rak­ter, Ou­baas, se­dert 7de Laan se ont­staan in 2000 deel van die se­pie, sê hy die laas­te vier jaar op die stel was nie vir hom lek­ker nie.

“Al­les wat vir my lek­ker was by 7de Laan is die laas­te vier jaar uit my uit ge­blik­sem. Hul­le don­der al jou joy, jou ge­not, jou en­toe­si­as­me en jou lo­ja­li­teit net so te­rug in jou ge­sig. Hul­le ver­wag lo­ja­li­teit, maar gee dit niks vir jou nie. Dit is ’n hou­ding van ‘I am the boss and you are the sla­ve,’ ” sê Van P­let­zen.

Dit is daar­om dat Van P­let­zen be­sluit het: Tot hier toe en nie ver­der nie.

Hy sê hy was ge­luk­kig toe hy die Woens­dag­mid­dag uit die ver­ga­de­ring stap waar aan hom ge­sê is sy kon­trak is nie her­nu nie.

“Ek het ver­lig, uit­ge­la­te, op­ge­won­de en ver­skrik­lik ge­luk­kig ge­voel. Dit het ge­voel as­of my spi­rit dans. Ek het be­sef hier het dit nou ge­kom,” sê hy.

Van P­let­zen sê hy is die laas­te d­rie jaar el­ke keer met kon­tra­kon­der­han­de­ling deur hoog­ge­plaas­tes min­der werk by die se­pie aan­ge­bied.

“Niks ne­ga­tiefs wat ek te sê het oor 7de Laan is ge­rig aan die be­man­nings­le­de en die ak­teurs op die se­pie nie. Dit is ’n won­der­li­ke klomp men­se en ek het dit al in hoe­veel tyd­skrif­te al ge­sê. Dit is die lek­ker­ste plek waar ek al ooit ge­werk het, maar ek dink nie ek het dit die laas­te twee of d­rie jaar in my hart ge­voel nie.”

Hy sê hy is die laas­te vier jaar, na­dat die nu­we be­stuur van die se­pie oor­ge­neem het, tal­le ke­re “be­le­dig, ver­ne­der en be­han­del soos ’n niks­werd”.

Van P­let­zen sê sy werk op die se­pie is die laas­te d­rie jaar aan­sien­lik ver­min­der.

Hy is in Au­gus­tus 2014 ’n week ken­nis ge­gee dat hy nie meer twee der­des van sy re­gie van die se­pie gaan vol­tooi nie ter­wyl hy in 2015 ge­hoor het hy kan glad nie meer as ’n re­gis­seur op­tree nie. In Au­gus­tus 2016 is hy in ken­nis ge­stel dat hy slegs 12 keer ’n maand op stel hoef te wees en van­dees­week het hy ge­hoor sy laas­te dag op 7de Laan sal in Au­gus­tus wees.

“My sa­la­ris het al die ja­re aan­hou daal en ons moes tal­le ba­tes ver­koop om ons maan­de­lik­se on­kos­te laag te hou. Ek het vry­skut­werk ge­doen op ’n paar pro­gram­me, maar nou is daar ’n gat van vyf maan­de waar ek moet sorg vir ’n in­kom­ste,” sê hy.

Hy sal in die vol­gen­de jaar be­trok­ke wees by ’n kykNET-pro­duk­sie, maar wou nie be­son­der­he­de daar­oor ver­klap nie.

Al het Van P­let­zen on­langs in reek­se soos PHIL 101, Die ooms se band en in die rol­prent Meer­kat Maan­tuig ver­skyn, be­plan hy en sy vrou, San­dra Vaughn, om hul huis in P­re­to­ria te ver­koop.

“Die vry­skut­werk is lek­ker, maar die ho­ney­moon pe­ri­od is ver­by. Toe men­se hoor ek is om­trent ’n vry­skut met my ske­du­le by 7de Laan, het ek tal­le aan­bie­dings ge­kry vir werk, maar nou is die ho­ney­moon pe­ri­od ver­by. Nou is ek maar ’n trom­spe­ler in ’n band (Har­re­baard),” sê hy.

Vaughn sê sy wens net die hoog­ge­plaas­tes by 7de Laan het vir Pier­re ge­noeg ken­nis ge­gee om sy toe­koms te be­plan.

“Dit sou lek­ker wees om net ge­noeg tyd te hê om ons vol­gen­de stap vo­ren­toe te be­plan. As hul­le maar net die ba­sie­se fat­soen­lik­heid ge­had het om ons be­hoor­lik ken­nis te gee en vir Pier­re te be­dank vir sy ja­re se diens,” sê sy.

“Ek het nie vir meer geld ge­vra nie, al wat ek wou ge­had het is dat hul­le vir my ge­noeg tyd gee en ’n re­de vir die be­ëin­di­ging te ver­skaf,” sê hy.

Nie­te­min sê Van P­let­zen hier­die is nie ’n po­ging om wit­voet­jie te soek by Jan en Al­le­man nie en dat hy uit al­le oor­de on­der­steu­ning kry.

“Ons is Chris­te­ne en ons weet ons ge­loof sal ons deur hier­die tyd dra. Ek weet ek het die on­der­steu­ning van my fa­mi­lie. Ek is so kalm soos wat kom,” sê hy.

Hy sê eg­ter dat die eer­ste ding wat sal waai ná sy laas­te op­tre­de op die 7de Laan- stel, sal sy snor wees.

“Ek kan nie wag om my snor af te skeer nie. Ek kon in 17 jaar nie my snor skeer nie. Ek gaan ook my ha­re sny en my baard groei,” sê hy. ) Beeld het 7de Laan om kom­men­taar ge­na­der, maar teen gis­ter­aand laat nog nie ant­woord ge­kry nie.

Fo­to: WIKUS DE WET

Pier­re van P­let­zen, of­te­wel Sep­ti­mus (Ou­baas) van Zyl van 7de Laan, in ’n on­der­houd in sy huis in P­re­to­ria.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.