Suk­ses!

Die een ding wat die ANC reg­kry

Beeld - - Front Page - bl. 19

In 1987 in Da­kar het die ANC ge­sê et­ni­si­teit (in­slui­tend ras) be­hoort nie po­li­ties re­le­vant te wees nie. Die mees­te van ons het saam­ge­stem. Hul­le het ook van “be­vry­den­de on­ver­draag­saam­heid” ( li­be­ra­to­ry in­to­le­ran­ce) ge­praat, maar nie reg­tig die vrae be­ant­woord oor wat die im­pak daar­van op kul­tuur en gods­diens sal wees nie.

In 1996 is die Grond­wet en 11 amp­te­li­ke ta­le aan­vaar, as­ook die Pan-Suid-A­fri­kaan­se Taal­raad wat vir die be­vor­de­ring, ont­wik­ke­ling en ge­bruik van al die ta­le ver­ant­woor­de­lik was.

Art. 29 (2) be­paal dat elk­een die reg het om on­der­rig in die taal van sy keu­se te ont­vang, mits dit re­de­li­ker­wys doen­lik is. Daar­by is ’n kom­mis­sie aan­ge­stel wat na die gods­diens­ti­ge, taal- en kul­tu­re­le reg­te van ge­meen­skap­pe moet om­sien. Dit was ’n groot ver­be­te­ring op Da­kar. Om en by 2002 kom twee sa­ke eg­ter na vo­re. Die ANC se “S­tra­tegy and Tacti­cs”-do­ku­ment be­gin meer klem lê daar­op dat al­le mags­hef­bo­me deur die ANC in­ge­palm moet word om wa­re trans­for­ma­sie te be­werk­stel­lig. T­wee­dens sê pres. T­ha­bo M­be­ki dat wit men­se ’n spe­si­a­le soort ko­lo­ni­a­lis is, son­der om te sê hoe wit men­se van hier­die sta­tus ont­slae kan raak.

Die stra­te­gie om al­le mags­hef­bo­me in te palm en ko­lo­ni­a­lis­te te i­so­leer, is om el­ke staats­de­par­te­ment en on­der­af­de­ling die nu­me­rie­se ras­tel­ling van die land te laat weer­spie­ël: 80% swart, 9% bruin, 9% wit en 2% In­di­ër. S­tel­sel­ma­tig word dit uit­ge­brei na die sa­ke­sek­tor, die maat­skap­li­ke sek­tor, sport en selfs ou­e­te­hui­se. Ou­e­te­hui­se wat deur ker­ke be­stuur word, het hul staat­sub­si­dies ver­loor om­dat hul­le “te veel” wit ou men­se het.

Die ANC was dalk nie suk­ses­vol op al­le ter­rei­ne nie, maar hy was ui­ters suk­ses­vol om by­na al­le Suid-A­fri­ka­ners te laat glo dat hier­die rassekwotas eint­lik is hoe din­ge be­hoort te wees.

En al­mal wat daar­op k­ri­tiek ge­le­wer het, “is teen trans­for­ma­sie”.

Die for­mu­le van 80-9-9-2 is in ge­ly­ke in­diens­ne­ming, swart be­mag­ti­ging en reg­stel­len­de ak­sie in­ge­bou. Die ka­ta­stro­fie­se ge­vol­ge van die toe­pas­sing hier­van kan ver­al in die ge­brek aan ka­pa­si­teit in die staats­diens (ont­hou E­si­di­me­ni?) en op mu­ni­si­pa­le vlak ge­sien word. Wan­neer ’n ge­skik­te swart kan­di­daat nie vir aan­stel­ling ge­vind kan word nie (ook weens ’n mis­luk­ken­de on­der­wys­stel­sel), word die pos eer­der va­kant ge­laat as om ie­mand uit die min­der­heids­groe­pe aan te stel – met ne­ga­tie­we ge­vol­ge vir diens­le­we­ring.

’n Be­spre­kings­do­ku­ment wat die S­taats­diens­kom­mis­sie in No­vem­ber 2014 op­ge­stel het, be­ves­tig dat die d­rie be­lang­rik­ste re­des vir swak diens­le­we­ring aan ge­ly­ke in­diens­ne­ming, reg­stel­len­de ak­sie en ka­der­ont­plooi­ing te wy­te is.

Hier­die ras­se­for­mu­le ver­oor­saak dat min­der­he­de ver­vreemd en ge­frus­treerd voel. Maar dit het ook ’n ne­ga­tie­we im­pak op A­fri­kaan­se on­der­wys ge­had. O­pen­ba­re sko­le waar nog in A­fri­kaans on­der­rig word, voel die “be­vry­den­de on­ver­draag­saam­heid” al hoe meer.

Pa­ny­a­za Le­su­fi, Gau­teng­se LUR vir on­der­wys, en sy voor­gan­gers het by­voor­beeld ver­suim om hul ka­pi­taal­be­gro­tings ge­noeg­saam te be­stee en sko­le te bou. Nou­dat leer­lin­ge nie plek in sko­le het nie, dwing hy ver­al voor­ma­li­ge mo­del C-sko­le om oor­be­volk te word, en daar­na om pa­ral­lel-on­der­rig te gee – waar­na die een ná die an­der skool ver­en­gels.

Bui­te Gau­teng is slegs ses en­kel­ta­li­ge A­fri­kaan­se ho­ër­sko­le in die pro­vin­sies noord van die Vaal­ri­vier oor. Wat u­ni­ver­si­tei­te be­tref, is daar uit die 40 kam­pus­se in die land net twee waar A­fri­kaans nog as on­der­rig­taal ge­bruik word.

Die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria het die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria (UP) se En­gel­se taal­be­leid as kon­sti­tu­si­o­neel aan­vaar, hoof­saak­lik op grond van die so­ge­naam­de be­gin­sel van “ge­ly­ke dis­kri­mi­na­sie”. Hier­vol­gens moet die dis­kri­mi­na­sie teen ’n Pe­di-spre­ker wat nie on­der­rig in sy eer­ste taal kan ont­vang nie, weer­spie­ël word deur die feit dat ’n A­fri­kaans­spre­ken­de stu­dent dit dan ook nie kan ont­vang nie. In ’n ap­pèl teen ’n vroe­ë­re uit­spraak oor die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat (UV) se taal­be­leid het die ap­pèl­hof in ’n taal­kun­dig on­ver­staan­ba­re uit­spraak be­slis dat “re­de­li­ker­wys” nie as by­voeg­li­ke naam­woord die “doen­lik” van art. 29(2) kwa­li­fi­seer nie (wat prak­tie­se sa­ke be­tref), maar dat dit nor­ma­tie­we krag het en die ras­se­skei­ding ver­bied wat met pa­ral­lel­me­di­um­on­der­rig ge­paard­gaan.

’n Voor­aan­staan­de se­ni­or ad­vo­kaat het op­ge­merk dat hier­die uit­spraak van art. 29 (2) ’n leë dop maak.

Maar nie net die ras­se­for­mu­le het skuld aan die ver­dwy­ning van A­fri­kaans op u­ni­ver­si­teits­vlak nie. Wy­le Ja­kes Ger­wel het een­dag vir my ge­sê hy is net oor een ding spyt, naam­lik dat hy die U­ni­ver­si­teit van Wes-Kaap­land (UWK) in sy pas­sie om dit te trans­for­meer, on­her­roep­lik ver­en­gels het.

Ons voor­ma­li­ge A­fri­kaan­se u­ni­ver­si­tei­te se raads­le­de, be­stu­re en som­mi­ge aka- de­mi­ci het ook skuld hier­aan. Fi­nan­si­ë­le oor­we­gings en po­li­tie­ke kor­rekt­heid vier in hier­die krin­ge hoog­ty. Dit word ver­der be­wys deur­dat die UV en UP al­bei on­danks hul af­gry­se aan ras­se­skei­ding en on­ge­ly­ke dis­kri­mi­na­sie, tog be­sluit het om in op­voed­kun­de, te­o­lo­gie en land­bou­we­ten­skap­pe (laas­ge­noem­de in die UV se ge­val) steeds in A­fri­kaans klas te gee – om­dat hul­le nie die klas­geld van hier­die stu­den­te wil ver­loor nie.

Op ’n bre­ër front is dit on­teen­seg­lik waar dat, ten spy­te van die in­ter­na­si­o­na­le na­vor­sings­be­wy­se dat moe­der­taal­on­der­rig tot min­stens gr. 7 on­ont­beer­lik vir kog­ni­tie­we ont­wik­ke­ling is, is die po­li­tie­ke wil om moe­der­taal­on­der­rig in te stel net nie daar nie. Die feit dat Suid-A­fri­ka se leer­lin­ge so swak in wis­kun­de en we­ten­skap vaar, is nie weens ’n ge­brek aan ver­moë nie, maar weens taal.

Die voor­af­gaan­de is ’n erns­ti­ge en eer­li­ke plei­dooi aan me­de­land­ge­no­te om die er­va­ring van A­fri­ka­ners en A­fri­kaans­spre­ken­des raak te sien en te ver­staan.

Die re­ge­ring se i­de­o­lo­gie van ras­se­trans- for­ma­sie ver­oor­saak nie net toe­ne­mend po­la­ri­sa­sie nie, maar het tot ge­volg dat ons “be­vry­den­de on­ver­draag­saam­heid” oor ons taal er­vaar.

Mag ons, in die gees van Da­kar, kon­struk­tief ver­der hier­oor kan praat.

Na­skrif: Die re­ak­sie van som­mi­ge Da­kar­gan­gers op hier­die toe­spraak het my taam­lik on­kant ge­vang. Som­mi­ge het my toe­spraak ’n “to­ta­le aan­slag” ge­noem. An­der was van me­ning dat ek die Grond­wet se­lek­tief ge­bruik deur nie die ge­lyk­heids­klou­su­le (art. 9) ook te noem nie – om­dat ge­lyk­heid ba­sies taal­reg­te troef. Maar die werk van die ho­we is juis om reg­te in die Grond­wet op ’n bil­li­ke wy­se te ba­lan­seer. An­der het er­ken ek het hier en daar ’n punt, maar dat dit te sterk oor­ge­kom het.

Dalk sou hul­le my ge­hoor het as ek swart en jonk was . . . ) Hier­die is ’n ver­kor­te weer­ga­we van ’n by­drae wat Eloff ver­le­de na­week op die Da­kar­kon­fe­ren­sie in sy per­soon­li­ke hoe­da­nig­heid ge­le­wer het. Hy is ’n voor­ma­li­ge rek­tor van die NWU en uit­voe­ren­de di­rek­teur van die FW de Klerk­stig­ting.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.