‘Ver­deel en jy’s uit,’ maan ANC

Tog kap Zu­ma ve­te­ra­ne in re­de

Beeld - - Nuus - Sa­rel van der Walt en L­le­wel­lyn P­rin­ce

Die ANC is so bang vir on­min in eie ge­le­de­re dat hy gis­ter ge­dreig het om e­nig­ie­mand wat ver­deeld­heid saai uit sy na­si­o­na­le be­leids­kon­fe­ren­sie te skop.

Tog was pres. Ja­cob Zu­ma vol­gens po­li­tie­ke ont­le­ders self in sy o­pe­nings­re­de die vet op die vuur van ver­deeld­heid.

Zu­ma het in sy toe­spraak on­der meer kwaai in­ge­klim on­der die ANC-ve­te­ra­ne – wat tal­le ou be­ken­de st­rug­gle­hel­de in­sluit.

Hul­le eis sy be­dan­king en waar­sku al lank die par­ty is knie­diep in die moei­lik­heid.

Zu­ma het na hul­le ver­wys as “so­ge­naam­de ve­te­ra­ne”, dít ter­wyl twee stryd­ros­se, Win­nie Ma­di­ki­ze­la-Man­de­la en F­re­ne Gin­wa­la, op die ver­hoog was.

Die ve­te­ra­ne is ver­al be­kom­merd oor die sen­tra­le rol wat Zu­ma glo in staat­skaping speel.

Zu­ma het ver­soek dat die kon­fe­ren­sie ook hier­die “per­sep­sies van kor­rup­sie in die ANC” drin­gend be­kyk.

Hy sê die groep ve­te­ra­ne “dink hul­le het meer mag as ons wat die ge­ko­se lei­ers is”.

Die groep ve­te­ra­ne het ver­le­de jaar al ge­vra om ’n raad­ge­wen­de kon­fe­ren­sie om die erns­ti­ge pro­ble­me in die par­ty te pro­beer op­los, maar die ANC se na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee (NUK) het ge­wei­er.

“Hul­le (die ve­te­ra­ne) dring daar­op aan om met die na­si­o­na­le lei­ers te praat, want hul­le dink hul­le is te goed om met jul­le op tak­vlak in ge­sprek te tree,” het hy aan die af­ge­vaar­dig­des ge­sê.

Ná sy toe­spraak het Ba­le­ka M­be­te, voor­sit­ter van die NUK wat ook die kon­fe­ren­sie­voor­sit­ter is, ge­maan dat die ANC op die kon­fe­ren­sie ’n beeld van een­heid moet uit­straal. Die par­ty sal nie hui­wer om e­ni­ge af­ge­vaar­dig­de wat dit sou waag om in die vol­gen­de paar dae ver­deeld­heid in die par­ty te ver­oor­saak, sum­mier die kon­fe­ren­sie te ver­bied nie.

Haar waar­sku­wing het ge­kom na­dat som­mi­ge af­ge­vaar­dig­des, ver­al dié uit K­waZu­lu-Na­tal en die so­ge­naam­de pre­mier­liga-pro­vin­sies (M­pu­ma­lan­ga, Noord­wes en die Vry­staat) voor Zu­ma se aan­koms en ná sy toe­spraak pro-Zu­ma-lie­de­re ge­sing het.

Hier­die waar­sku­wing is met ap­plous deur ver­al die Oos-Kaap en Gau­teng ver­wel­kom.

In ’n om­vang­ry­ke toe­spraak wat meer as an­der­half­uur ge­duur het, het Zu­ma on­der meer ge­sê hoe­wel die ANC die on­af­hank­lik­heid van die ho­we en die op­per­ge­sag van die reg be­ves­tig, is hy be­kom­merd oor die ver­skyn­sel dat po­li­tie­ke par­tye hul­le tot die ho­we wend as hul­le nie hul sin kry nie.

“Die ge­bruik van ho­we om ANC-be­leid te be­veg moet ook hier be­spreek word. Is dít die de­mo­kra­sie wat ons wil hê?

“Wan­neer die op­po­si­sie nie met ons kan stry nie, wend hul­le hul tot die hof. Hoe kan ons die le­we van ons men­se ver­be­ter as ons heel­tyd in die hof moet wees?” wil Zu­ma weet.

“Ons moet toe­ge­laat word om ons be­leid in te stel son­der dat die ho­we be­trok­ke raak.”

Van die NUK-le­de, on­der wie adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa, G­we­de Man­tas­he en Z­we­li Mk­hi­ze, het met strak ge­sig­te na die toe­spraak ge­luis­ter.

Hy het ook aan die meer as 3 000 af­ge­vaar­dig­des ge­sê hy steun die kom­mis­sie van on­der­soek na staat­skaping.

“Die ANC moet op die voor­grond wees in die stryd teen kor­rup­sie op so­wel staats­vlak as in die pri­va­te sek­tor.”

On­danks sy aan­val­le op die ve­te­ra­ne het Zu­ma baie klem ge­lê op een­heid in die ANC. “Een­heid moet die ANC en die land by­me­kaar­hou.”

Die par­ty sal oor die vol­gen­de paar dae be­sin oor die “ge­sond­heid van die par­ty” en die swak­he­de van die ANC sal aan­dag kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.