Be­las­ting­be­ta­lers be­taal toe vir duur Gup­ta­troue

Beeld - - Nuus - El­sje du Toit en P­hil­da Es­sop

Die DA be­plan om straf­reg­te­li­ke klag­te teen Gup­ta-fa­mi­lie­le­de aan­han­gig te maak ná ont­hul­lings dat tien­mil­joe­ne ran­de wat vir ar­mes be­stem was, vir die troue van ’n fa­mi­lie­lid be­taal het.

A­maB­hun­ga­ne en S­cor­pio be­rig die Gup­tas het die Vry­staat­se re­ge­ring se sui­wel­pro­jek in V­re­de vir mil­joe­ne ran­de ge­melk om vir Ve­ga Gup­ta en Aa­kash Ja­ha­j­gar­hia se luuk­se troue van vier dae lank by Sun Ci­ty te be­taal.

Die pro­jek is in 2014 be­gin op aan­drang van Mo­se­ben­zi Z­wa­ne, des­tyd­se Vry­staat­se LUR vir land­bou en nou mi­nis­ter van mi­ne­ra­le bron­ne.

Ver­le­de jaar is be­rig dat die sui­wel­pro­jek al so­wat R570 mil­joen ge­kos het.

Die na­si­o­na­le te­sou­rie het vroe­ër van­jaar be­kend ge­maak dat die Vry­staat­se de­par­te­ment van land­bou boon­op die pro­jek in die 2016-’17-boek­jaar met R46 mil­joen ge­fi­nan­sier het, maar dat daar nie in die me­di­um­ter­myn­be­gro­tings­raam­werk van 2016 daar­voor be­groot is nie.

Daar word al ja­re lank ver­moed dat die Gup­tas by die pro­jek be­trok­ke is, maar hul­le het dit nog al­tyd ont­ken.

Uit die #Gup­taLe­aks-e-pos blyk dit eg­ter dat die Gup­tas mil­joe­ne ran­de in hul sak­ke ge­steek het dank­sy die sui­wel­pro­jek.

In No­vem­ber 2013 het Ma­mi­ki Qa­bat­he, toe LUR vir land­bou, in die pro­vin­si­a­le wet­ge­wer ge­sê R114 mil­joen van die pro­vin­si­a­le re­ge­ring se geld is aan die pro­jek be­taal.

Fi­nan­si­ë­le sta­te wat in die #Gup­taLe­aks-e-pos ge­kry is, wys die sui­wel­pro­jek het in ’n tyd­perk van ses we­ke in Au­gus­tus en Sep­tem­ber 2013 R84 mil­joen na ’n Gup­ta-maat­skap­py, Ga­te­way, se bank­re­ke­ning in Du­bai oor­be­taal.

Die vol­le R84 mil­joen wat die Vry­staat­se re­ge­ring aan die pro­jek ge­gee het, het glo in die Gup­tas se han­de be­land.

In ’n fo­ren­sie­se on­der­soek is vas­ge­stel dat min­stens drie­kwart van die geld kort daar­na aan twee Gup­ta-maat­skap­pye in SuidA­fri­ka oor­ge­dra is om vir die troue te be­taal.

D­rie maan­de la­ter het die SuidA­fri­kaan­se Gup­ta-maat­skap­py Linkway Tra­ding ’n fak­tuur van vier blad­sye aan Accu­ra­te In­ves­t­ments, ’n Gup­ta-maat­skap­py in Du­bai, ge­stuur oor uit­ga­wes vir die “V&A-ge­leent­heid by Sun Ci­ty”.

Die fak­tuur was vir on­der meer sjo­ko­la­de­truf­fels van R13 086, ser­pe van R2,3 mil­joen, vuur­werk van R247 848, as­ook “ge­leent­heids­diens­te” van R13,9 mil­joen. Al die uit­ga­wes het op R30 mil­joen te staan ge­kom.

Dit is eg­ter nie al waar­voor die Vry­staat­se re­ge­ring glo be­taal het nie.

So­wat $3,1 mil­joen is op 23 Sep­tem­ber 2013 via Du­bai aan die Gup­tas in Suid-A­fri­ka oor­be­taal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.