Tra­ne­ri­ge Jo­na­than: ‘Dan­kie, ons kap aan’

Beeld - - Nuus - Na­di­ne T­heron

Jo­na­than van Ra­dio Raps, in die reg­te le­we Ri­kus de Beer, is diep ge­raak deur die on­der­steu­ning van sy aan­han­gers die laas­te tyd.

Die ko­me­di­ant het tra­ne­rig ge­raak aan die ein­de van die vi­deo wat hy gis­ter­mid­dag op Fa­ce­book ge­plaas het waar­in hy deel wat met hom ge­beur het se­dert hy “net ge­crash” het.

In die vi­deo sê De Beer, wat nou tuis is, hy is moeg na­dat hy ses we­ke lank in die waak­een­heid was.

“Dit was nog­al ’n se­ri­ous buik­pyn­tjie,” sê De Beer van wat daar­die dag ge­beur het.

“Ek is toe hos­pi­taal toe en die man wat my op­neem sê daar’s fout met my gal­blaas, maar ek het daai aand nog ’n show ge­had by Sil­ver­star.”

Hy het daar­die aand met ’n drup aan die arm op­ge­tree.

“Toe ek af­stap van daar­die ver­hoog af, toe crash ek,” sê hy. Hy is toe in ’n hos­pi­taal in P­re­to­ria op­ge­neem.

“Dit was rof. Ek het am­per die koets ge­klim,” sê De Beer.

Die di­ag­no­se was dat hy to­ta­le hart-, nier- en le­wer­ver­sa­king ge­had het met long­ont­ste­king daar­by. “Ek kan nie al­les ont­hou nie, want jy weet hul­le blik­sem jou mos met mor­fien,” sê De Beer oor sy tyd in die waak­een­heid.

“Ek is nog ’n ruk­kie uit, boys, maar nou da­rem by die huis,” sê hy. Hy sê hy gaan nog vir ’n paar we­ke bed­lê­end wees en is nog ’n bie­tjie siek.

Hy vra om ver­sko­ning vir al die ver­to­nings wat hy mis­ge­loop het en dat men­se hom “net ’n ruk­kie” moet gee.

“Dan sien ek jul­le, ek is gou weer te­rug! Baie dan­kie vir al­mal se on­der­steu­ning . . . en hm . . . ons kap aan,” sê hy.

Ri­kus de Beer

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.