Par­tye kap Hlau­di se SAUK

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Po­li­tie­ke par­tye het Vry­dag hul skok uit­ge­spreek oor die skie­li­ke dood van die “be­gin­sel­vas­te en dap­per” Su­na Ven­ter, een van die agt SAUK-joer­na­lis­te wat af­ge­dank is na­dat hul­le uit­ge­praat het teen se­ke­re as­pek­te van die re­dak­si­o­ne­le be­leid by die o­pen­ba­re uit­saai­er.

Ven­ter (32) se lyk is Don­der­dag­og­gend in haar Jo­han­nes­burg­se woon­stel aan­ge­tref. Kort voor haar dood is stres­ge­ïn­du­seer­de kar­di­o­mi­o­pa­tie by haar ge­di­ag­no­seer. Dié toe­stand ver­oor­saak die ver­vor­ming van die hart en word deur lang­du­ri­ge stres en trau­ma ver­er­ger. Daar word daar­na ver­wys as ge­bro­ke­hart­sin­droom.

P­hum­zi­le van Dam­me, DALP, sê sy gaan vra dat Fi­ki­le M­ba­lu­la, mi­nis­ter van po­li­sie, na die par­le­ment ont­bied word om die jong­ste in­lig­ting te gee oor die po­li­sie se on­der­soek na die aan­val­le op die SAUK-agt.

“Dit is by­kans ’n jaar se­dert die SAUK-agt doods­drei­ge­men­te, aan­ran­dings, huis­bra­ke en an­der si­nis­te­re in­ti­mi­da­sie­tak­tiek aan­ge­meld het ná hul reg­stap­pe teen die on­der­my­ning van me­di­a­vry­heid deur Hlau­di Mot­soe­neng, voor­ma­li­ge SAUK­be­dryfs­hoof, en sy aan­han­gers.

“Dit is ver­re­gaan­de dat geen en­ke­le per­soon tot op he­de in heg­te­nis ge­neem of aan­spreek­lik ge­hou is nie. Dié wat ver­ant­woor­de­lik is vir die vrees waar­aan Ven­ter on­der­werp is, moet . . . aan die pen ry. Dit kan nie wees dat ’n jong vrou ont­voer, aan ’n boom vas­ge­bind en die gras om haar aan die brand ge­steek word; dat sy in die ge­sig ge­skiet en her­haal­de­lik ge­ter­ro­ri­seer word en nie­mand word aan­spreek­lik ge­hou nie.”

Adv. An­ton Al­berts, voor­sit­ter van die VF Plus, glo die ge- beu­re by die SAUK ver­le­de jaar het reg­streeks tot Ven­ter se siek­te en dood by­ge­dra.

“Wat sy moes deur­maak om haar saak te stel, is skok­kend en kom neer op teis­te­ring van die hoog­ste vlak. Die oor­sprong hier­van kan net voor die deur van Hlau­di Mot­soe­neng se SAUK ge­lê word,” lui sy ver­kla­ring.

Die SAKP het Ven­ter as ’n “dap­per en pro­fes­si­o­ne­le” ver­vaar­di­ger be­stem­pel. “Soos Sol­ly Ma­pai­la, ons eie twee­de ad­junk­se­kre­ta­ris wat ag­ter­volg en dop­ge­hou is, is Su­na ook bloot­ge­stel aan ’n vol­ge­houe veld­tog van in­ti­mi­da­sie, sa­bo­ta­sie en mis­bruik wat on­ge­twy­feld be­veel en ge­fi­nan­sier is deur bron­ne wat in die­self­de vorm ge­giet is.”

Die IVP moe­dig die me­dia aan om die pro­fes­si­o­na­li­teit en be­gin­sels wat Ven­ter ver­de­dig het na te streef.

Su­na Ven­ter

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.