‘Waar­skyn­lik na­tuur­lik ge­sterf’

Beeld - - Nuus - Je­a­nel­le G­rey­ling en Ma­ri­ta Her­sel­man

Die blo­te feit dat die po­li­sie ’n ge­reg­te­li­ke on­der­soek na die SAUK-ver­vaar­di­ger Su­na Ven­ter se dood ge­o­pen het, be­te­ken nie nood­wen­dig sy het ’n on­na­tuur­li­ke dood ge­sterf nie.

So sê Ian S­mall-S­mith, ’n straf­reg­ken­ner van BDK-pro­ku­reurs, na­dat kapt. Kay Mak­hu­be­la, Gau­teng­se po­li­sie­woord­voer­der, be­ves­tig het die po­li­sie het ’n ge­reg­te­li­ke on­der­soek na Ven­ter se dood ge­o­pen.

Ven­ter (32), een van die so­ge­naam­de SAUK-agt, se lyk is Don­der­dag­og­gend in haar woon­stel in Fai­r­land, Jo­han­nes­burg, ge­vind. Haar ge­sin was vol­gens haar broer, Wil­helm, gis­ter­og­gend op pad na die lyk­huis.

Wil­helm sê sy sus­ter was as ’n joer­na­lis ’n “reg­te trooper”.

S­mall-S­mith sê ’n ge­reg­te­li­ke doods­on­der­soek word ge­o­pen wan­neer “on­na­tuur­li­ke oor­sa­ke” ver­moed word of as die po­li­sie on­se­ker is oor wat die per­soon se dood ver­oor­saak het.

“Die land­dros sal waar­skyn­lik ’n be­vin­ding maak op grond van die lyk­skou­ings­ver­slag en po­li­sie­ver­kla­ring oor die doods­to­neel.”

S­mall-S­mith meen aan­ge­sien die hart­toe­stand stres­ge­ïn­du­seer­de kar­di­o­mi­o­pa­tie of “ge­bro- ke­hart­sin­droom” on­langs by Ven­ter ge­di­ag­no­seer is, het sy waar­skyn­lik ’n na­tuur­li­ke dood ge­sterf. “Su­na het wel ’n ge­skie­de­nis waar sy ge­dreig en aan­ge­val is, so die po­li­sie kyk of die to­neel ge­me­ne spel aan­dui en die pa­to­loog kyk of sy kneu­sings het.”

Foe­ta K­ri­ge, uit­voe­ren­de ver­vaar­di­ger van RSG en ook ’n SAUK-agt-joer­na­lis, het Don­der­dag ge­sê hy “twy­fel nie daar­aan dat die dra­ma (by die SAUK) ’n groot rol in haar dood ge­speel het nie”.

Kai­zer K­ga­ny­a­go, SAUK­woord­voer­der, sê: “Die SAUK is nie dok­ters nie en kan nie kom­men­taar le­wer oor die oor­saak van haar dood nie.”

Hlau­di Mot­soe­neng, voor­ma­li­ge SAUK-be­dryfs­hoof, wil ook nie kom­men­taar le­wer op dié be­we­rings nie.

Só het Su­na Ven­ter ge­lyk na­dat sy in die ge­sig met wind­buks­koe­ël­tjies ge­tref is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.