To­ta­le be­heer vir Ras­sie

Al­lis­ter Coet­zee se ge­sag word ver­wa­ter

Beeld - - Nuus - S­te­phen Nell

Die werk­ver­hou­ding tus­sen die S­pring­bok-af­rig­ter, Al­lis­ter Coet­zee, en die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru) se nu­we di­rek­teur van rug­by, Ras­sie Eras­mus, kan ’n ne­te­li­ge saak word.

Ter­wyl Sa­ru met sy be­ves­ti­ging van Eras­mus se aan­stel­ling, wat in 2018 van krag word, be­na­druk het dat Coet­zee in sy pos aan­bly, sal hy nie meer die op­per­ge­sag van af­rig­ters wees nie.

Coet­zee is glo in die duis­ter ge­hou oor wat Sa­ru in die mou voer met Eras­mus, wie se mag­te na el­ke uit­hoek van Suid-A­fri­kaan­se rug­by sal strek.

Lui­dens die ver­kla­ring wat Sa­ru gis­ter uit­ge­reik het, sal Eras­mus toe­sig hou oor al agt SuidA­fri­ka se na­si­o­na­le span­ne, die be­stuur van kom­pe­ti­sies én die ont­wik­ke­ling van spe­lers, af­rig­ters en skeids­reg­ters.

Vir eers is Eras­mus tot 31 De­sem­ber nog in diens van die Ier­se pro­vin­sie Mun­ster, waar hy as di­rek­teur van rug­by werk. Sy kon­trak met Mun­ster ver­eis dat hy ses maan­de ken­nis gee.

Coet­zee sal dus nog in die Rug­by­kam­pi­oen­skap en op die Bok­ke se jaar­eind­toer kan werk son­der dat Eras­mus oor sy skou­er loer.

Die Bok-brei­er sal ook steeds op B­ren­dan Ven­ter se in­set­te as ver­de­di­gings­kon­sul­tant kan staat­maak. Dit was ’n deur­slag­ge­wen­de fak­tor in die Bok­ke se reeks­se­ge van 3-0 oor Frank­ryk in Ju­nie.

Die vrees be­staan wel nou dat die di­na­mi­ka van Bok-rug­by ten ty­de van ’n op­le­wing ver­steur kan word deur die ver­wa­te­ring van Coet­zee se ge­sag.

Ju­rie Roux, Sa­ru-groot­baas, sê oor Coet­zee: “Al­lis­ter het puik werk ge­doen om die Bok­ke dié sei­soen weer op koers te kry en hy word be­slis nie as S­pring­bok­af­rig­ter ver­vang nie. Ons sal al­les in ons ver­moë doen om hom in die Rug­by­kam­pi­oen­skap en daar­na te on­der­steun.”

Die aan­stel­ling van Eras­mus het on­se­ker­heid ge­skep, maar aan die an­der kant bring hy aan­sien­li­ke in­tel­lek­tu­e­le ka­pi­taal na Suid-A­fri­kaan­se rug­by.

Boon­op is die man wat o­ral saam met hom trek, die ge­re­ken­de ver­de­di­gings­af­rig­ter Ja­c­ques Nie­na­ber, ook weer in Sa­ru se diens as ho­ë­pres­ta­sie-af­rig­ter. Hy is ver­le­de jaar saam met Eras­mus Ier­land toe.

Eras­mus keer te­rug met sy re­pu­ta­sie as af­rig­ter ster­ker as ooit. Hy het die skip by Mun­ster om­ge­keer met 26 se­ges in 32 wed­stry­de. Mun­ster het die Pro12eind­stryd ge­haal en Eras­mus is as die Pro12-af­rig­ter van die jaar aan­ge­wys.

Mun­ster het ook tot na die half­eind­ron­de van die Eu­ro­pe­se Be­ker ge­vor­der.

Gar­rett Fit­z­ge­rald, Mun­ster se uit­voe­ren­de hoof, het in ’n ver­kla­ring ge­sê hul­le sal Eras­mus “al­tyd dank­baar” wees.

“Ons was ge­luk­kig om vir Ras­sie en Ja­c­ques te kon kry. Ras­sie het ons weer op koers ge­kry.”

P­re­sies wat­ter koers Suid-A­fri­kaan­se rug­by nou gaan in­slaan, is nog on­dui­de­lik.

Dis on­waar­skyn­lik dat Coet­zee in sy nop­pies is oor dié si­tu­a­sie en dis ’n wolk van on­se­ker­heid wat gaan hang tot­dat die par­tye me­kaar om ’n ta­fel in die oë kyk.

Fo­to: GETTY IMAGES

Ras­sie Eras­mus

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.