Man sterf ná bot­sing met Ve­nus Wil­li­ams

Beeld - - Nuus -

Ve­nus Wil­li­ams, voor­ma­li­ge wê­reld­nom­me­reen-ten­nis­spe­ler, kry die skuld vir ’n bot­sing op 9 Ju­nie tus­sen twee mo­tors in die A­me­ri­kaan­se deel­staat Flo­ri­da waar­in ’n pas­sa­sier in die an­der mo­tor dood is.

Nuus oor die bot­sing na­by Wil­li­ams (37) se huis in Palm Be­ach Gar­dens is Don­der­dag deur die A­me­ri­kaan­se me­dia be­kend ge­maak.

Lui­dens die on­der­soek­be­amp­te se ver­slag het Wil­li­ams ver­suim om toe te gee aan ’n an­der mo­to­ris by ’n ver­keers­krui­sing.

Lui­dens die ver­slag het Lin­da Bar­son (68), die an­der be­stuur­der, die groen lig ge­hoor­saam en pas die krui­sing bin­ne­ge­gaan toe sy sien hoe Wil­li­ams se voer­tuig “voor my in­sny” en dat dit “on­ver­my­de­lik” was om teen Wil­li­ams te bots.

Bar­son se pas­sa­sier, wat in die ver­slag as Je­ro­me Bar­son (78) ge­ï­den­ti­fi­seer word, is 13 dae la­ter oor­le­de.

Fo­to: GETTY IMAGES

Die A­me­ri­kaan­se ten­nis­spe­ler Ve­nus Wil­li­ams.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.