OB kyk of mi­nis­ter ge­drags­ko­de oor­tree het

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Adv. Bu­si­si­we Mkhwe­ba­ne, o­pen­ba­re be­sker­mer (OB), gaan on­der­soek in­stel of Lyn­ne Bro­wn, mi­nis­ter van o­pen­ba­re on­der­ne­mings, die e­tie­se ge­drags­ko­de van die uit­voe­ren­de ge­sag oor­tree het.

Bro­wn het ein­de ver­le­de jaar in ant­woord op vrae in die par­le­ment ge­sê E­s­kom het nie T­ril­li­an Ca­pi­tal Part­ners (TCP), ’n maat­skap­py met Gup­ta-ban­de, be­taal om na­mens die staat­sen­ti­teit te on­der­han­del oor ’n ver­se­ke­rings­eis vir die ont­plof­fing by die Du­vha-krag­sta­sie nie. Hy het TCP ook nie aan­ge­stel om ’n ver­skaf- fer te be­kom om die be­ska­dig­de stoom­ke­tel te ver­vang nie.

Adv. Ge­off Bud­len­der sê in sy ver­slag oor be­we­rings van staat­skaping en kor­rup­sie in TCP wat Don­der­dag be­kend ge­maak is, Bro­wn se ant­woord is óf vals óf ’n erns­ti­ge mis­lei­ding. E­s­kom het meer as R250 mil­joen aan T­ril­li­an be­taal son­der ’n ten­der of ’n kon­trak. T­ril­li­an wei­er om te sê wat die werk is wat hy vir E­s­kom ge­doen het.

Na­ta­sha Maz­zo­ne, DA-LP, sê die OB se on­der­soek sal help om Bro­wn aan­spreek­lik te hou. “Mi­nis­ter Bro­wn het skyn­baar in ge­bre­ke ge­bly om in ’n ant­woord op ’n ge­skre­we vraag van die DA in die par­le­ment be­kend te maak dat daar oor­een­koms­te tus­sen E­s­kom en T­ril­li­an is.” Sy sê a­maB­hun­ga­ne se on­der­soe­ken­de joer­na­lis­te het vas­ge­stel dat T­ril­li­an of sy fi­li­a­le reeds fak­tu­re van meer as R250 mil­joen aan E­s­kom uit­ge­reik het toe Bro­wn die ant­woord ver­skaf het.

“Dié be­vin­dings word in ’n ver­slag be­ves­tig waar­in vas­ge­stel is dat E­s­kom R260 mil­joen aan T­ril­li­an be­taal het vir werk wat nie ver­rig is nie. Dis ver­de­re be­wys van die mi­nis­ter se skyn­ba­re sken­ding van die ge­drags­ko­de.”

Maz­zo­ne sê die OB se on­der­soek is ’n aan­klag dat die Gup­tas E­s­kom ge­heel en al ge­kaap het.

“Die mi­nis­ter se mis­luk­te lei­er­skap sit ag­ter E­s­kom se ka­ping. Ons staats­in­stel­lings het ’n ha­we ge­word vir die Gup­tas om be­las­ting­be­ta­lers se geld te plun­der.”

Tokyo Sex­wa­le, uit­tre­den­de voor­sit­ter van T­ril­li­an, het Don­der­dag op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie ge­sê Bud­len­der se ver­slag moet deel vorm van ’n reg­ter­li­ke on­der­soek na staat­skaping.

Bu­si­si­we Mkhwe­ba­ne

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.