NGV kan be­las­ting dalk laat styg

Beeld - - Nuus - Nel­lie Brand­Jon­ker

Wer­ken­des gaan waar­skyn­lik deur ho­ër be­las­ting op­dok vir die be­gro­tings­te­kort wat met die Na­si­o­na­le Ge­sond­heids­ver­se­ke­ring (NGV) kan ont­staan.

In die fi­na­le be­leids­do­ku­ment oor die NGV wat deur die ka­bi­net goed­ge­keur is, word nou voor­keur ge­gee aan die vyf be­las­tingsce­na­rio’s wat aan­vank­lik on­der­soek is.

Die NGV gaan teen 2025 so­wat R256 mil­jard kos.

Dit is een van die voor­uit­skat­tings wat ge­doen is ge­grond op ’n groei in die hui­di­ge be­gro­ting en ’n aan­na­me oor e­ko­no­mie­se groei.

Die mees­te van die geld oor agt jaar sal van die re­ge­ring se be­gro­ting kom.

’n Te­kort van so­wat R71,9 mil­jard sal ook ver­wag word. Dié te­kort is op die­self­de aan­na­mes ge­grond van wat die to­ta­le kos­te sal wees.

Die sce­na­rio wat nou as die voor­keur­keu­se ge­gee word vir be­las­ting om vir dié te­kort te be­taal, is ’n werk­ne­mers­be­las­ting en by­ko­men­de be­las­ting op in­di­vi­due.

Dit be­te­ken wer­kers en maat­skap­pye gaan be­taal vir die te­kort.

Die sce­na­rio waar­aan nou voor­keur ge­gee word, sluit nie die ver­ho­ging van BTW in nie. In die wit­skrif word ge­sê die ver­ho­ging van BTW sal die be­gin­sels waar­op die NGV ge­grond is, weer­spreek.

In die wit­skrif word ge­sê die aan­na­me is steeds 3,5% per jaar waar­teen die e­ko­no­mie gaan groei.

Die e­ko­no­mie groei nou veel sta­di­ger.

K­ri­tiek is al uit­ge­spreek om­dat die­self­de aan­na­mes oor groei as in 2010 in die wit­skrif ge­bruik word.

In die do­ku­ment word ge­sê dié sy­fers is her­sien en ge­grond op meer on­lang­se be­ra­mings. Dit is die­self­de be­drag wat ge­noem word soos in die eer­ste be­leids­do­ku­ment (die groen­skrif).

Die de­par­te­ment van ge­sond­heid sê in die nu­we do­ku­ment dit is om­dat die ver­wag­te toe­na­me in kos­te in die eer­ste paar jaar ma­ti­ger gaan wees.

Dr. Aa­ron Mot­so­a­le­di, mi­nis­ter van ge­sond­heid, het Don­der­dag op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie ge­sê die be­las­ting­kre­die­te wat le­de van me­die­se ske­mas ont­vang, sal vir die NGV in die eer­ste paar jaar ge­bruik word.

Be­las­ting­kre­die­te wat le­de van me­die­se ske­mas ont­vang, be­loop so­wat R20 mil­jard.

Dit werk so dat dit jou maan­de­lik­se be­las­ting ver­min­der. Be­las­ting gaan dus ver­hoog wan­neer dié be­las­ting­kre­diet weg­ge­neem word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.