Pa­nayi­o­tou: Hof sê nee vir aan­soek om ont­slag

Beeld - - Nuus - Ros­lyn Baat­jies

Reg­ter Da­y­a­lin C­het­ty het gis­ter ’n aan­soek van Pe­ter Dau­ber­mann, regs­ver­teen­woor­di­ger van Chris­to­pher Pa­nayi­o­tou se twee me­de­be­skul­dig­des, om ont­slag van sy kli­ën­te in die hoog­ge­regs­hof in Port E­li­za­beth van die hand ge­wys.

Dau­ber­mann het in die aan­soek aan­ge­voer dat daar geen ge­loof­waar­di­ge ge­tui­e­nis is op grond waar­van sy kli­ën­te, Si­net­hem­ba Ne­nem­be en Zo­la­ni Si­be­ko, bo re­de­li­ke twy­fel skul­dig be­vind kan word nie.

Ne­nem­be en Si­be­ko staan saam met Pa­nayi­o­tou te­reg op aan­klag­te van sa­me­swe­ring om te moor, ont­voe­ring, roof en moord.

Dit volg na­dat Pa­nayi­o­tou se vrou, Jay­de, op 21 A­pril 2015 bui­te haar meent­huis­kom­pleks in Ka­be­ga­park ont­voer is.

Si­z­we­zak­he Vu­ma­zon­ke, die man wat glo die skoot af­ge­vuur het wat haar dood ver­oor­saak het, is in heg­te­nis ge­neem en is oor­le­de kort voor­dat die ver­hoor ver­le­de jaar be­gin het.

Adv. Ma­ri­us S­tan­der, staats­aan­kla­er, het die aan­soek teen­ge­staan. Hy het die hof daar­op ge­wys dat daar van 1 Sep­tem­ber 2014 tot 7 A­pril 2015 geen kom­mu­ni­ka­sie tus­sen Vu­ma­zon­ke en Si­be­ko was nie, maar dat hul­le van 8 tot 28 A­pril 2015 al­te­sa­me 89 keer met me­kaar per sel­foon ge­kom­mu­ni­keer het.

Vol­gens hom is dit uit die ge- tui­e­nis dui­de­lik dat Lut­han­do Siyo­ni, wat glo as mid­del­man in die ver­meen­de huur­moord op­ge­tree het, vir Vu­ma­zon­ke ge­werf het om Jay­de te ver­moor en dat ’n Toyo­ta E­ti­os ge­bruik is om die plan uit te voer.

Hy het aan­ge­voer die be­skul­dig­des het nie ver­dui­de­lik waar­om hul­le deur­lo­pend met Vu­ma­zon­ke ge­kom­mu­ni­keer het nie.

Daar­be­ne­wens het Ne­nem­be se sel­foon hom op die to­neel van die moord ge­plaas.

Vol­gens S­tan­der het die staat bo re­de­li­ke twy­fel be­wys dat Si­be­ko en Ne­nem­be die ei­e­naars is van die sel­foon­nom­mers wat on­der ver­den­king is, as­ook dat ’n kom­mu­ni­ka­sie­pa­troon en fre­kwen­sie tus­sen Vu­ma­zon­ke, Si­be­ko en Ne­nem­be vas­ge­stel is.

Die saak is tot 26 Sep­tem­ber uit­ge­stel.

Fo­to: WERNER HILLS

Chris­to­pher Pa­nayi­o­tou praat gis­ter met sy regs­ver­teen­woor­di­ger, adv. Ter­ry P­ri­ce.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.