R350 000 vir ‘las­ter op hoog­ste skaal’

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Lt.genl. K­ho­mot­so P­hahla­ne, tot on­langs die waar­ne­men­de na­si­o­na­le po­li­sie­hoof, is “op die hoog­ste skaal” deur die vak­bond Pop­cru en vier van sy le­de be­las­ter.

P­hahla­ne se ge­sin is so deur die vals aan­ty­gings teen hom ge­trau­ma­ti­seer dat hul­le nie meer TV kyk nie, vol­gens reg­ter Ra­ma­rumo Mo­na­ma se uit­spraak gis­ter­og­gend in die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg.

P­hahla­ne het R500 000 van Pop­cru, Mat­se­me­la Mat­se­me­la, Gau­teng­se se­kre­ta­ris van Pop­cru, lt.kol. Da­ri­us Ra­ma­lo­be, ao. Set­la­bos­wa­na Ed­win Ma­lat­je en ao. Sel­lo Ma­mu­el Ra­ma­le­pe ge­ëis.

Mo­na­ma het be­vind die ver­weer­ders het P­hahla­ne wel be­las­ter en hul­le moet hom R350 000 be­taal.

Die ver­weer­ders moet hul las­ter­li­ke ver­kla­ring oor P­hahla­ne skrif­te­lik te­rug­trek en hul­le moet hom ook skrif­te­lik om ver­sko­ning vra.

Die ver­sko­nings moet in d­rie spe­si­fie­ke En­gel­se koe­ran­te ge­plaas word, as­ook op SAUK- en eNCA-TV-ka­na­le.

Mo­na­ma het die ver­weer­ders ook be­veel om die kos­te van P­hahla­ne se hof­ge­ding te be­taal.

Mo­na­ma het ge­sê die eis spruit uit ’n ver­kla­ring wat die ver­weer­ders in 2012 ge­maak en ver­sprei het.

Die grond­slag van die eis is ’n me­di­a­ver­kla­ring van 7 Sep­tem­ber 2012. Dié ver­kla­ring het land­wyd om­vang­ry­ke dek­king in die ge­druk­te en e­lek­tro­nie­se me­dia ge­kry.

P­hahla­ne het ge­tuig hy het op 7 Sep­tem­ber 2012 ’n ver­ga­de­ring by­ge­woon. Hy was des­tyds ’n af­de­lings­kom­mis­sa­ris vir fo­ren­sie­se diens­te.

Hy het by ’n kol­le­ga ge­hoor van die ver­weer­ders se me­di­a­kon­fe­ren­sie en het ’n af­skrif van hul ver­kla­ring ge­kry. Hy het toe die des­tyd­se po­li­sie­hoof, genl. Ri­ah P­hiy­e­ga, ge­vra om on­der­soek te doen. In die on­der­soek is hy van blaam ont­hef.

P­hahla­ne het ge­sê die ver­weer­ders se be­we­ring dat hy sta­tis­tie­ke ver­bloem en ge­dok­ter het, is vals. Dié be­we­ring het daar­op neer­ge­kom dat hy ’n leu­e­naar en ’n ma­ni­pu­leer­der is wat die par­le­ment mis­lei het met sta­tis­tie­ke.

Oor die be­we­ring dat dwelms in die fo­ren­sie­se la­bo­ra­to­ri­um ge­steel is en niks daar­aan ge­doen is nie, het hy ge­tuig dít is ook vals. Die dief is straf­reg­te­lik aan­ge­kla en ’n tug­ver­hoor is ge­hou.

Hy het ont­ken dat hy nie twee vroue-per­so­neel­le­de se klag­te oor sek­su­e­le teis­te­ring han­teer het nie. Die be­skul­dig­de het be­dank voor­dat die tugon­der­soek kon be­gin, het P­hahla­ne ge­tuig.

Hy het ge­tuig die ver­weer­ders het ’n smeer­veld­tog teen hom be­gin om hom en sy ge­sin te ver­nie­tig.

D­rie ver­weer­ders is Pop­cru-le­de by die po­li­sie­af­de­ling waar­van hy die af­de­ling­kom­mis­sa­ris was.

Weens hul po­si­sies het hul­le ge­weet dat die be­we­rings vals is, maar het nie­te­min be­sluit om dit te pu­bli­seer.

Mo­na­ma het ge­sê P­hahla­ne het hom be­ïn­druk as ’n eer­li­ke, ge­loof­waar­di­ge ge­tuie.

Die aan­ty­gings dat die af­de­ling­kom­mis­sa­ris ’n leu­e­naar, ma­ni­pu­leer­der, sek­s­pes en kor­rup is, is ui­ters erns­tig. Dit tas sy goeie naam en aan­sien aan en on­der­myn sy sta­tus.

“Die las­ter, as ek dit moet gra­deer, is op die hoog­ste skaal,” het die reg­ter ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.