Kat­jie soek o­ral na hon­de­maat ná roof­tog

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

Peek-a-Boo, ’n vyf maan­de oue Yorks­hi­re-ter­ri­ër van Pot­chef­stroom, is skoon­veld se­dert ’n ge­wa­pen­de roof­tog by sy huis en sy men­se-ou­ers is ra­send van kom­mer.

Pop­pie, die ge­sin se jong gem­mer­kat­jie, soek van Maan­dag af o­ral in die huis na Peek-a-Boo.

Hul­le was on­af­skeid­baar, sê Ni­co van der West­hui­zen.

“Die twee het saam ge­slaap, ge­ëet en ge­speel. Pop­pie mi­aau aan­hou­dend en soek on­der die kas­te en bed­dens na Peek-a-Boo.”

Deb­bie Nau­dé, Van der West­hui­zen se vrien­din, het gis­ter ge­sê “daar is nie ’n dag wat ver­by­gaan dat die tra­ne nie oor Peeka-Boo loop nie”.

“Ek mis die bon­del­tjie e­ner­gie vrees­lik.”

Ty­dens die roof­tog Maan­dag in die vroeë og­gend­u­re het Peek-aBoo aan­hou­dend ge­blaf.

“Hy het mal ge­gaan en ge­knor,” sê Van der West­hui­zen.

Hy en Nau­dé het om­streeks 03:00 wak­ker ge­word en vas­ge­kyk in die pis­to­le van d­rie ro­wers.

“Hul­le het ons han­de en voe­te met skoen­ve­ters vas­ge­bind,” sê Van der West­hui­zen.

“Die ro­wers wou geld en my bak­kie se sleu­tel hê.

“Hul­le het ons met du­vets toe­ge­gooi. Peek-a-Boo het oor ons ge­hard­loop, ons kop­pe oop­ge­gooi en hom on­der die du­vets in­ge­wrie­mel.”

Nau­dé sê Peek-a-Boo het be­sef daar is groot fout.

“Ek het hom pro­beer vas­hou om­dat ek bang was hy maak die ro­wers kwaad en hul­le skiet.

“Peek-a-Boo is heen en weer tus­sen my en Ni­co. Hy het ons aan­hou lek. Ek het net heel­tyd ge­bid.”

Van der West­hui­zen sê die ro­wers was baie ge­or­ga­ni­seerd en kalm ter­wyl hul­le die huis “om­ge­keer” en kas­te uit­ge­gooi het.

Hul­le het on­der meer du­vets, kus­sings, kle­re, ’n brood­roos­ter, sel­fo­ne en kon­tant ge­steel.

“Hul­le wou met my bak­kie vlug, maar die teen­ka­pings­toe­rus­ting se a­larm het af­ge­gaan. Ons was baie bang.”

Die ro­wers is ein­de­lik te voet daar weg, son­der van die ge­steel­de goe­de­re wat ag­ter­op die bak­kie was.

Toe al­les be­gin stil word, het Van der West­hui­zen hom­self en Nau­dé los­ge­maak. Peek-a-Boo was skoon­veld. “Ek is oor­tuig daar­van die ro­wers het hom ge­vat,” sê Nau­dé.

“Hy sou te­rug­ge­kom het as hy kon. Ek het hom ook ge­leer om nooit by die erf uit te gaan nie.”

Vol­gens Nau­dé soek Pop­pie o­ral en op el­ke plek waar sy en Peek-a-Boo al­tyd ge­speel het.

“Hul­le het saam in die groen­te­mand­jie ge­slaap. Ons het so­veel vi­deo’s ge­neem waar hul­le saam speel, maar nou is dit saam met die ge­steel­de fo­ne weg.”

Nie­mand is nog in heg­te­nis ge­neem nie.

Peek­a­Boo en Pop­pie die gem­mer­kat was on­af­skeid­baar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.