‘Niks oor’ ná haar ou­ers sterf

Beeld - - Nuus - Kay­de­ne Da­vids

‘Daar is niks van die huis oor nie. Ab­so­luut al­les het ge­brand.” So sê Lie­zl Bo­tha, die e­nig­ste dog­ter van Tos (77) en Til­ly du P­les­sis (76), wat Dins­dag­aand ge­sterf het toe ’n brand hul huis in Ex­cel­si­or ver­woes het.

Til­ly, ’n hoof­di­a­ken van die NG ge­meen­te Ex­cel­si­or na­by Bloem­fon­tein, is op die bed in die hoof­slaap­ka­mer aan­ge­tref, ter­wyl Tos, wat vroe­ër ja­re die staats­aan­kla­er in die dorp was, eers Don­der­dag on­der ’n gei­ser in die bad­ka­mer aan­ge­tref is.

“Hul­le het Pap­pa ná die tyd ge­kry. Hy het le­lik ge­brand.”

Bo­tha, wat Don­der­dag haar ou­er­huis in die Vry­staat­se dorp be­soek het, sê dit was baie sleg om die huis waar­in sy groot­ge­word en waar­in haar ou­ers ja­re lank ge­woon het, in puin te sien.

“Dit is ont­stel­lend om die huis waar­in ek groot­ge­word het en waar­in so­veel her­in­ne­rin­ge oor die ja­re heen ge­maak is, so te sien.”

Sy sê hoe­wel die mo­tor­huis en ’n woon­stel nie deur die brand ver­woes is nie, is daar ab­so­luut niks oor nie – nie eens ’n meu­bel­stuk nie.

Hoe­wel hul­le nie se­ker is wat die brand ver­oor­saak het nie, sê Bo­tha die ver­moe­de be­staan dat dit in die eet­ka­mer of in die dak ont­staan het.

Sy sê haar ou­ers is ver­moe­de­lik deur die rook oor­wel­dig en daar­om kon hul­le nie be­tyds uit die huis vlug nie.

Bo­tha sê sy en haar man, PJ, en haar dog­ter is oor­stelp deur die om­gee van die ge­meen­skap, waar­van haar ou­ers so­veel ja­re deel was en so ge­luk­kig was.

De­wald Hat­tingh, DA-raads­lid in Ex­cel­si­or, sê die Du P­les­sis-eg­paar se dood is baie tra­gies.

Vol­gens hom het die dorp nie sy eie brand­weer nie en moet hul­le hul buur­dor­pe, T­ha­ba N­chu (so­wat 68 km van Ex­cel­si­or) en La­dy­brand (85 km), se brand­weer ge­bruik.

Hy sê ook die dorp het al ’n ge­rui­me tyd wa­ter­pro­ble­me en die wa­ter­voor­sie­ning word saans af­ge­sluit.

Voor die be­trok­ke aand het die mu­ni­si­pa­li­teit twee dae lank ge­spook om ’n stuk­ken­de pyp te her­stel en daar­om was daar nie wa­ter nie.

’n Rou­diens word voor­lo­pig vir Maan­dag om­streeks 11:00 in die NG kerk Ex­cel­si­or ge­re­ël.

Tos du P­les­sis

Til­ly du P­les­sis

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.