P­re­mier se kan­toor ont­ruim weens brand

Beeld - - Nuus - Si­mon Son­ne­kus

Dit is nog on­se­ker of werk­ne­mers in die Gau­teng­se p­re­mier se kan­toor Maan­dag sal kan te­rug­keer werk toe na­dat ’n brand die ge­bou be­ska­dig het.

Die brand het in die fi­nan­sies­af­de­ling op die se­wen­de ver­die­ping van die ge­bou in Sim­monds­straat in die mid­de­stad van Jo­han­nes­burg ont­staan.

P­hum­la Sek­ho­ny­a­ne, woord­voer­der van die p­re­mier, sê die ge­bou sal die na­week on­der­soek word om te be­paal of dit vei­lig is.

“Die p­re­mier het deur die ge­bou ge­loop.

“Ons het vas­ge­stel net een vleu­el van die se­wen­de ver­die­ping is be­ska­dig. Die fo­ren­sie­se on­der­soek na die oor­saak van die brand sal die na­week ge­doen word en ons sal dan weet of ons na ’n an­der per­seel moet skuif.”

Da­vid Mak­hu­ra, p­re­mier, het gis­ter­og­gend ge­sê ’n e­lek­trie­se kort­slui­ting het die brand ver­oor­saak.

Daar is af­skrif­te van al hul do­ku­men­te in ’n kan­toor op ’n an­der per­seel. “Ons het geen pa­pier­werk ver­loor nie, wat ’n ver­lig­ting is.”

Mak­hu­ra sê die brand het 08:40 ont­staan en is teen 10:00 ge­blus. So­wat 280 men­se wat in die kan­toor werk, is son­der e­ni­ge voor­val ver­wy­der en huis toe ge­stuur.

Mak­hu­ra was op die ANC se be­leids­kon­fe­ren­sie toe hy ’n op­roep oor die brand kry.

“Soos jul­le weet, was ek nie hier nie, maar ek sal graag ’n pluim­pie aan die nood­diens­te wil gee.

“Hul­le het 15 mi­nu­te ge­neem om hier te kom en vin­nig ge­werk. Ons be­dank hul­le dat hul­le so spoe­dig ge­re­a­geer het.”

Rook bor­rel uit die se­wen­de ver­die­ping van die p­re­mier van Gau­teng se kan­toor.

Fo­to’s: WIKUS DE WET

Vier brand­weer­wa­ens was op die to­neel om die brand te blus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.