‘Ma­hi­keng is nou ’n stink as­hoop’

Ge­looi oor swak geld­sa­ke, be­stuur

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

Die Noord­wes-re­ge­ring het die Ma­hi­keng-mu­ni­si­pa­li­teit ge­looi oor sy cha­o­tie­se geld­sa­ke en swak be­stuurs­prak­ty­ke. Noord­wes se hoof­stad het lui­dens die ou­di­teur-ge­ne­raal (OG) se ver­slag in die 2015-’16-boek­jaar R133 mil­joen on­re­ël­ma­tig be­stee. Nog R133 mil­joen is on­ge­mag­tig be­stee en daar was vrug­te­lo­se be­ste­ding van R370 769.

Dit is hoof­saak­lik weens ver­suim om wet­te en re­gu­la­sies oor ver­kry­gings­pro­se­du­res na te kom, oor­be­ste­ding en ren­te of boe­tes wat ver­skaf­fers ge­hef het na­dat hul­le laat of glad nie be­taal is nie.

Noord­wes se staan­de ko­mi­tee oor o­pen­ba­re re­ke­nin­ge (S­koor) het van­dees­week met die mu­ni­si­pa­le be­stuur ver­ga­der oor die ver­doe­men­de OG-ver­slag.

Ma­hi­keng se geld­sa­ke en re­kord­hou­ding was in die vo­ri­ge boek­jaar so swak dat die OG nie eens ’n me­ning kon gee oor die wa­re stand van sa­ke nie.

Mahla­keng Mahla­keng, voor­sit­ter van S­koor in Noord­wes, sê lui­dens ’n me­di­a­ver­kla­ring wat die wet­ge­wer uit­ge­reik het dis on­aan­vaar­baar.

“Dit is ook ver­keerd dat daar geen ge­vol­ge is vir amp­te­na­re wat ver­ant­woor­de­lik is vir on­re­ël­ma­ti­ge be­ste­ding en die ver­ont­ag­sa­ming van ver­kry­gings­pro­se­du­res nie. Daar is te min vaar­di­ge per­so­neel.”

Die mu­ni­si­pa­li­teit se on­ver­moë om geld van sy skul­de­naars en diens­te­geld van in­wo­ners te vor­der, ver­oor­saak dat hy nie sy eie skuld kon be­taal nie.

T­ha­bo Mok­we­na, mu­ni­si­pa­le be­stuur­der, sê ver­kry­gings­pro­se­du­res is nou ge­sen­tra­li­seer om be­hoor­li­ke re­kord­hou­ding te ver­se­ker. Fou­tie­we re­ke­nin­ge is reg­ge­stel en stuk­ken­de wa­ter­me­ters word ver­vang om wa­ter­ver­lie­se te be­perk.

Han­nes S­chut­te, VF Plus-LPW wat die S­koor-ver­ga­de­ring by­ge­woon het, meen Ma­hi­keng is die “vuil­ste hoof­stad in die land”.

Hy sê die OG het fo­to’s voor­ge­lê van ri­ool­wa­ter wat van ver­skeie plek­ke in die stad tot in die Mo­lo­po­ri­vier loop.

“Die ANC be­stuur Ma­hi­keng al 20 jaar, maar hy kon kwa­lik meer reg­kry as om dit in ’n stin­ken­de as­hoop te ver­an­der.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.