Bok­ke speel deun­tjie oor ‘groot­ste meul­steen’ stil

Beeld - - Nuus - Van der West­hui­zen is ’n ar­ti­kel­skry­wer van Net­werk24 en ’n voor­ma­li­ge sport­re­dak­teur van Beeld.

’NJaar in S­pring­bok-rug­by, om die ge­yk­te uit­druk­king te ge­bruik, kan nog­al ’n lang tyd wees.

Ver­le­de jaar dié tyd was Bo­kon­der­steu­ners en rug­by­ba­se moe­de­loos ná die swak ver­to­nings teen Ier­land.

Hul­le het re­de ge­had om ter­neer­ge­druk te wees: Die Bok­ke het daar­na van die een voor­spel­ba­re kri­sis na die an­der ge­stei­er met die ne­der­laag teen I­ta­lië, een van agt in 12 toet­se, se­ker­lik die groot­ste laag­te­punt in die gan­se S­pring­bok-ge­skie­de­nis.

Re­des vir die swak ver­to­nings is o­ral ge­soek. Die ver­moë van Al­lis­ter Coet­zee, af­rig­ter, is el­ke week be­vraag­te­ken.

Die spe­lers het ook deur­ge­loop en som­mi­ge kri­ti­ci het trans­for­ma­sie as die groot­ste meul­steen om die Bok­ke se nek be­stem­pel.

In van­jaar se reeks teen Frank­ryk is dié deun­tjie ge­na­dig­lik nie weer ge­hoor nie. (Wat jou nog­al laat won­der oor van die kri­ti­ci se mo­tie­we, maar dit eers daar­ge­laat.)

Spe­lers soos Jan Ser­fon­tein, Siya Ko­li­si en El­ton Jan­tjies (vol­gens sta­tis­tie­ke die d­rie in­vloed­ryk­ste Bok­ke) het ge­dy na- dat al d­rie al in hul Bok-loop­ba­ne on­der kri­ti­ci se ton­ge deur­ge­loop het.

On­der­steu­ners sal ver­al bly wees dat Jan­tjies uit­ein­de­lik tot sy reg ge­kom het in wat weer na ’n ge­luk­ki­ge spa­n­om­ge­wing lyk, een waar­in dit dui­de­lik is dat die spe­lers ’n heg­te een­heid is na­dat hul af­rig­ter, so an­ders as ver­le­de jaar, ge­noeg tyd voor die eer­ste reeks saam met hul­le deur­ge­bring het.

Dit het ge­lyk as­of die Bok­ke dit weer ge­niet om rug­by te speel.

Hul aan­val­len­de spel kon glad nie met ver­le­de jaar se pa­te­tie­se po­gings ver­ge­lyk word nie. Hul ver­de­di­ging het on­der­steu­ner én teen­stan­der ver­baas.

’n Nu­we­ling soos Ross Cron­jé het boon­op ’n groot ver­skil ge- maak en be­hoort on­der­steu­ners be­ter oor die toe­koms te laat voel.

Die Suid-A­fri­kaan­se A-span se ver­to­nings teen die Fran­se Bar­ba­ri­ans was ewe be­moe­di­gend en gee jou moed wat die diep­te van Suid-A­fri­kaan­se rug­by be­tref.

Spe­lers soos Ox N­che en Se­a­be­lo Se­nat­la se ver­to­nings vir die naas­bes­tes het ge­wys dat hul­le van­jaar nog vir die Bok­ke kan uit­draf.

’n Mens moet ui­ter­aard daar­teen waak om oor­op­ti­mis­ties te wees om­dat sa­ke in sport oor­nag kan ver­an­der.

Boon­op is die Fran­se be­slis nie die bes­te span ter wê­reld nie en bit­ter min Bok-on­der­steu­ners sal som­mer nou vi­si­oe­ne be­gin sien van glo­rie­ry­ke se­ges oor die All Blacks.

Maar ná ver­le­de jaar se ge­ploe­ter moes die S­pring­bok­ke weer van voor af be­gin. En dit hét hul­le teen die Fran­se ge­doen. Meer kon ons nie van hul­le ge­vra het nie. )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.