Sien God weer raak op 10 000 plek­ke

Beeld - - Nuus -

Ek is nie so goed met “God-spot­ting” as wat ek is met “trou­ble-spot­ting” nie. Ek kyk God dik­wels mis, maar ek kyk pro­ble­me mak­lik raak. Dis my eie skuld. Ek kort goeie oë, soos E­li­sa s’n.

Laat ek ver­dui­de­lik: In 2 Kon. 6 word ver­tel hoe sy wer­ker een og­gend vroeg op­ge­merk het dat Ara­me­se sol­da­te hul­le om­ring het. Be­noud het hy E­li­sa wak­ker ge­maak met dié sleg­te nuus. Toe ant­woord E­li­sa: “Dié wat by ons is, is meer as wat by hul­le is.”

Ter­wyl die wer­ker be­noud na die sol­da­te kyk, snap E­li­sa wat sy pro­bleem is. Hy het on­ge­oe­fen­de oë ge­had wat net moei­lik­heid raak­sien. E­li­sa het ge­bid dat sy oë oop­gaan. Da­de­lik sien hy toe die teen­woor­dig­heid van die He­re om hul­le raak.

Ek­self be­vind my meer ke­re aan die kant van die wer­ker as aan die kant van E­li­sa. Saam met hom is ek meer­ma­le blind vir God se teen­woor­dig­heid.

Suid-A­fri­ka se har­de werk­lik­he­de wat dag vir dag on­ver­poos op my af­storm, is ge­woon­lik eer­ste op my skerm. Dit maak my blind vir God se na­by­heid. Daar­om dat ek van­dag ook erns­tig bid: “He­re, maak my oë oop so­dat ek kan sien.”

En daar­om dat ek voor die he­mel­se deu­re kom staan om goeie oog­salf by Je­sus te kry. Hy­self nooi ons al­mal in Op. 3:18 om dit by Hom te kom “koop” so­dat ons God weer op 10 000 plek­ke kan raak­sien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.