O­plos­sing vir BLF se ‘sla­wer­nyk­wes­sie’

Beeld - - Nuus - Lo­ja­le ver­set, P­re­to­ria

Die o­pen­li­ke haat­spraak deur An­di­le Mngx­i­ta­ma van Black First Land First (BLF) op kykNET ver­slag was ont­stel­lend, om die min­ste te sê.

Vol­gens Mngx­i­ta­ma word huis- en plaas­wer­kers deur wit men­se as hul sla­we be­skou en be­han­del, dus neem wit men­se in Suid-A­fri­ka nog deel aan “sla­we­han­del”.

Op gis­ter se Beeld- voor­blad word daar ook ge­noem dat be­las­ting­be­ta­lers wat self ver­ant­woor­de­lik­heid aan­vaar vir hul me­die­se uit­ga­wes nie meer voor­deel daar­uit gaan trek nie om­dat die be­las­ting­kre­diet gaan ver­val en die re­ge­ring eer­der die geld vir die fi­nan­sie­ring van ’n na­si­o­na­le ge­sond­heids­ver­se­ke­rings­fonds gaan aan­wend.

In­tus­sen be­tree hon­derd­dui­sen­de sko­lie­re en jong men­se el­ke jaar die ar­beids­mark, met die ver­wag­ting dat die sa­ke­wê­reld hul­le sal aan­stel.

So­lank as wat die re­ge­ring nie die stan­daard van on­der­wys in Suid-A­fri­ka gaan ver­be­ter nie, sal dit vir die sa­ke­wê­reld on­moont­lik bly om swak op­ge­lei­de men­se in diens te neem.

Die e­ko­no­mie krimp.

Tal­le jong men­se wat die ar­beids­mark be­tree, kan dik­wels ook net werk kry as huis- of plaas­wer­kers.

Dit word deur die BLF as “sla­wer­ny” be­skou.

Ek ver­werp sla­wer­ny en om se­ker te maak dat ek nie as ’n sla­we­dry­wer of sla­we-ei­e­naar ge­brand­merk word nie, het ek be­sluit om in die toe­koms nie meer ’n huis­wer­ker in diens te neem nie.

Met al die ou­to­ma­tie­se toe­be­ho­re en diens­te wat dees­dae be­skik­baar is, kan ek en my vrou mak­lik son­der ek­stra hulp klaar­kom.

Só kan ons ook ’n deel van die geld wat ons spaar, ge­bruik om ons­self te ver­goed vir die ver­lies van die be­las­ting­kre­diet wat ons vir ons me­die­se uit­ga­wes te­rug­ge­ëis het.

Só los ons ons eie en die BLF se pro­bleem van sla­wer­ny op en ver­haal ons ook die ver­lies van die be­las­ting­kre­diet.

Fo­to: E­DREA DU TOIT

Mngx­i­ta­ma

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.