SA, kies nóú of gaan on­der

Beeld - - By - Suid­A­fri­ka staan voor die be­lang­rik­ste kruis­pad in ons ge­skie­de­nis.

Suid-A­fri­ka staan voor ’n kruis­pad. In die vol­gen­de dae, we­ke en maan­de moet ons as ’n sa­me­le­wing hier aan die suid­punt van A­fri­ka ’n be­sluit neem wat ons gan­se toe­koms gaan be­ïn­vloed.

Die keu­se is tus­sen suk­ses of mis­luk­king.

’n Mens sou dink dat dit ’n een­vou­di­ge keu­se is om te maak. En tog is daar groot ver­deeld­heid en on­se­ker­heid.

In dié sta­di­um is dit on­se­ker p­re­sies hoe ons by die oom­blik van waar­heid, die oom­blik van be­slis­sing, gaan uit­kom. Gaan dit ge­beur weens die vol­gen­de mo­sie van wan­troue teen die pre­si­dent? Gaan dit die vorm aan­neem van ’n ge­skied­kun­di­ge hof­uit­spraak? Of sal ons moet wag tot die ANC se na­si­o­na­le kon­fe­ren­sie in De­sem­ber?

Kan ons be­kos­tig om tot De­sem­ber te wag?

Suid-A­fri­ka is in­der­daad in ’n u­nie­ke po­si­sie in die wê­reld van­dag. Hier ge­beur din­ge wat in die mees­te an­der lan­de on­denk­baar sou wees.

In e­ni­ge nor­ma­le land sou die o­pen­baar­ma­king van sul­ke skok­ken­de skan­da­le soos ver­vat in die Gup­ta-e-pos­bood­skap­pe en an­der do­ku­men­te teen dié tyd reeds ge­lei het tot groot­skaal­se vry­wil­li­ge be­dan­kings van al die ge­ïm­pli­seer­de po­li­ti­ci. Hul­le sou hul kop­pe in skaam­te laat sak en ge­sê het: “Ek is uit­ge­vang. Dis tyd om te gaan.” Nie hier nie. In e­ni­ge nor­ma­le land sou dit teen hier­die tyd al ge­lei het tot drin­gen­de straf­reg­te­li­ke on­der­soe­ke en ver­vol­ging. Nie hier nie. Nie in ’n Suid-A­fri­ka wat re­geer word deur ’n ANC on­der pres. Ja­cob Ged­leyihle­ki­sa Zu­ma nie.

Die ANC wat van­dag aan die stuur van sa­ke staan in ons land het blyk­baar sy greep op die werk­lik­heid ver­loor.

Hul­le leef een­vou­dig op ’n an­der pla­neet.

Vas­ge­spin in hul self­ver­ont­skul­di­ging, ge­van­ge­nes van hul pseu­do­re­vo­lu­si­o­nê­re de­lu­sies, ho­ren­de doof en sien­de blind, ploe­ter hul­le voort met hul sin­lo­se bin­ne­ge­veg­te, hul on­doel­tref­fen­de plan­ne en hul on­ge­loof­li­ke groot­heids­waan.

Dis as­of hul­le ons, die men­se van Suid-A­fri­ka, glad nie raak­sien nie.

Daar is ru­briek­skry­wers en po­li­tie­ke ont­le­ders wat al lank­al waar­sku dat die ANC nooit die oor­gang ge­maak het van ’n be­vry­dings­be­we­ging na ’n re­ge­ren­de par­ty nie.

’n Oor­gang is wel ge­maak, want hul­le is dui­de­lik nie meer ’n be­vry­dings­be­we­ging nie.

Pleks daar­van om ’n ge­wo­ne re­ge­ring te word – iets wat hul­le meer as 20 jaar ge­le­de moes doen – het hul­le be­heer oor­ge­gee aan ’n groep wat die par­ty pro­beer om­skep in die en­ke­le groot­ste mis­daad­sin­di­kaat in SuidA­fri­ka.

Daar is feit­lik nie meer om­draai­kans nie. Dit lyk as­of die gan­se ANC oor­stroom is deur ’n golf van kor­rup­sie. ’n Golf wat, soos ’n tsoe­na­mi, reg bo-oor en dwars­deur el­ke fa­set van sy be­stuur ge­vloei het.

Die paar goeie men­se wat nog pro­beer kop bo wa­ter hou, sink weg in ’n stink moe­ras van ge­hei­me ge­kon­kel, dief­stal en leu­ens.

Ge­wo­ne re­ge­rings­plig­te word ver­waar­loos. In die plek daar­van hoor ons slegs leë po­pu­lis­tie­se re­to­riek. Re­to­riek wat al har­der op­klink na­ma­te die cha­os toe­neem.

Dit is waar ons land nou is. Dit is wat met ons be­vry­ding­stryd ge­beur het. Dit is wat van die eens trot­se A­fri­can Na­ti­o­nal Con­gress van Si­su­lu en Man­de­la ge­word het.

Van­dag het hul­le oor­ge­gee aan ’n ben­de ram­pok­kers.

Baie men­se gaan groot wils­krag aan die dag moet lê om hier­die ten­dens te stuit. Dit gaan waag­moed en in­di­vi­du­e­le held­haf­tig­heid verg. Om saam die kol­lek­tie­we keu­se te maak om die reg­te ding te doen, gaan ge­wel­di­ge deur­set­tings­ver­moë van ons al­mal eis. Maar ons kan slaag. Dit is nog nie te laat nie.

As die S­pring­bok­ke hul­self Il­lus­tra­sie: KOOS KOMBUIS kon reg­ruk, kan ons po­li­ti­ci die­self­de doen. Nie al­mal nie, maar som­mi­ge in sleu­tel­po­si­sies.

Maar het hul­le die po­li­tie­ke wil? Het hul­le die moed van hul oor­tui­ging? Is hul­le be­reid om hul eie loop­ba­ne en self­sug­ti­ge kort­ter­myn­wins op die spel te plaas ter wil­le van ’n gro­ter vi­sie? Die tyd sal leer. On­ge­luk­kig het ons nie eint­lik tyd nie.

Ons kan nie be­kos­tig om veel lan­ger op hier­die troe­bel see rond te dob­ber soos ’n skip son­der stuur nie.

Al­reeds be­gin die struk­tu­re en stel­sels wat or­de en sta­bi­li­teit moet hand­haaf, ge­vaar­lik uit­ra­fel. Groei­en­de ar­moe­de en die ge­paard­gaan­de toe­ne­men­de woe­de en des­pe­raat­heid lei tot al er­ger maat­skap­li­ke ver­val. Die mis­da­de teen vroue, kin­ders, vreem­de­lin­ge, plaas­ge­sin­ne en hul wer­kers ge­tuig hier­van.

As ons aan­gaan soos nou, son­der om iets dras­ties te doen, stuur ons af op a­nar­gie.

Die i­dee van a­nar­gie het dalk snaaks en ou­lik ge­klink toe Jo­han­nes Ker­kor­rel daar­oor ge­sing het. Maar glo my, as hy van­dag ge­leef het, sou hy saam­ge­stem het dat dít wat nou ge­beur, lank­al nie meer ’n grap is nie.

Ons kan dit een­vou­dig nie duld nie.

Ter wil­le van ons, ons kin­ders, en al­mal in Suid-A­fri­ka, moet ons nóú op­tree om die golf van waan­sin en wan­or­de te be­kamp wat deur ge­we­ten­lo­se en on­be­kwa­me lei­ers ont­ke­ten is.

Die keu­se is ons s’n, ons al­mal in die land. Suid-A­fri­ka staan van­dag voor ’n kruis­pad, die be­lang­rik­ste kruis­pad, glo ek, in ons ge­skie­de­nis.

Ons moet nóú die reg­te keu­se maak, of on­der­gaan.

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.