No­a­kes se voor­stel­le (was) in­stru­men­teel in die S­pring­bok­ke se on­oor­won­ne ver­to­nings­lys in die Wê­reld­be­ker­toer­nooi.

Beeld - - By - Los straw­we oe­fe­ning en rus W­hi­te had vol­le ver­troue in No­a­kes Da­ryl Il­bu­ry se Tim No­a­kes: word deur Pen­guin uit­ge­gee en is reeds in boek­win­kels be­skik­baar.

wat ’n ver­bin­te­nis met sport­we­ten­skap ge­had het – die he­le tyd noue kon­tak met hom ge­had het.” Maar daar was nóg ’n be­lang­ri­ke kaart wat No­a­kes ge­speel het; een wat lyn­reg teen die kon­ven­sies in­ge­druis het en die bal aan die rol ge­sit het vir suk­ses in die Wê­reld­be­ker­toer­nooi.

W­hi­te was voor­af on­der druk om sy span gees­te­lik voor te be­rei met straw­we span­bou-oe­fe­nin­ge.

Hy het sy vi­sier in­ge­stel op Po­le se O­lim­pie­se sport­sen­trum met sy be­roem­de hi­po­ter­mie­se be­han­de­ling – kort ses­sies waar­in men­se aan ui­ter­ste koue bloot­ge­stel word.

Hy wou hê die span moes in e­ko­no­mie­se klas daar­heen vlieg en in hout­hut­te eer­der as top­ho­tel­le bly.

“Ek wou ’n ‘kom-te­rug-aar­de­toe-be­leid’ toe­pas voor­dat die span weer op­ge­bou word.”

W­hi­te se al­ter­na­tief was ’n oe­fen­kamp wat be­plan sou word rond­om die klim van Ki­li­man­dja­ro.

W­hi­te het No­a­kes ge­na­der vir raad oor wat­ter op­sie om te kies.

No­a­kes het al­bei di­plo­ma­ties dog be­slis ver­werp.

“Tim het ge­sê daar was geen we­ten­skap­li­ke be­wy­se dat hi­po­ter­mie­se be­han­de­ling help vir die bou van spier­fiks­heid nie. Dit mag siel­kun­dig werk, maar dit sou ge­lyk­staan­de wees aan ’n pla­se­bo-ef­fek.

“Hy het dit ver­werp om­dat dit te veel sou kos net om die span ’n siel­kun­di­ge hup­stoot te gee.”

Die Ki­li­man­dja­ro-plan kon vol­gens No­a­kes boe­me­rang.

Hy het W­hi­te ge­waar­sku dat spe­lers daar­deur ’n ge­mid­deld van tot 5 kg ge­wig kon ver­loor na­dat daar vir maan­de ge­werk is om hul ly­we en krag op te bou.

“En moe­nie ver­geet nie,” het No­a­kes by­ge­voeg, “ie­mand kan dood­gaan”.

No­a­kes se al­ter­na­tie­we voor­stel was heel­te­mal die teen­oor­ge­stel­de van die kop­pe­stamp­tra­di­sie wat tot die ramp van Kamp S­taal­draad ge­lei het: “Hou hul­le by die huis, laat hul­le ont­span en tyd saam met hul ge­sin­ne deur­bring,” het hy voor­ge­stel.

Dit het sin ge­maak om dié roe­te te volg saam met die be­leid om top­spe­lers nie in an­der wed­stry­de in te span nie.

“Maar laat ek net dít sê,” het W­hi­te by­ge­voeg, “as hy ge­sê het hi­po­ter­mie­se be­han­de­ling is die bes­te op­sie en dat dit die spe­lers se fi­sie­ke krag en ver­to­nings sou ver­be­ter, dan was ek sak en pak op pad na Po­le”.

W­hi­te het be­na­druk dat No­a­kes se voor­stel­le in­stru­men­teel was in die S­pring­bok­ke se on­oor­won­ne ver­to­nings­lys in die Wê­reld­be­ker­toer­nooi.

“Ek het geen twy­fel nie dat ons ’n kans ge­kry het om an­der din­ge reg te kry deur nie Po­le toe te gaan nie.

“Dit het baie vir die ou­ens be­te­ken dat hul­le nie in die D­rie­na­sies-reeks ge­speel het en daar­om nie voor die toer­nooi ge­reis het nie en dat hul­le dus tyd saam met hul ge­sin­ne kon deur­bring.”

Dit het hul­le twee we­ke tyd voor die toer­nooi ge­gee om voor te be­rei vir hul twee taai­ste wed­stry­de: dié teen En­ge­land en Sa­moa.

Dit is van­dag mak­lik om te sê No­a­kes was reg, maar des­tyds is el­ke voor­stel wat hy aan W­hi­te ge­maak het deur ’n dog­ma­tie­se Sa­ru ge­kri­ti­seer.

No­a­kes is dik­wels uit­ge­beeld as ’n La­dy Ma­cbeth-ka­rak­ter wat munt daar­uit ge­slaan het dat die Bok-af­rig­ter na hom ge­luis­ter het; hy sou glo al­ler­han­de ver­derf­lik­he­de in W­hi­te se oor ge­fluis­ter het om sy eie beeld te bou. Toe ek W­hi­te hier­aan her­in­ner, het ek ge­won­der hoe hy dit reg­ver­dig het om die we­ten­skap­li­ke me­ning van een mens te aan­vaar on­danks die teen­kan­ting van sy ba­se en, blyk­baar, die he­le na­sie.

“Ek het vol­le ver­troue ge­had in wat Tim ge­sê het om­dat ek ge­weet het hy wou reg­tig hê dat Suid-A­fri­ka moet wen.

“Ek het met elk­een van ons ont­moe­tings ge­voel dat hy reg­tig ma­nie­re wou kry wat ons ’n voor­sprong bo ons teen­stan­ders sou gee.

“En hy het my nooit re­de ge­gee om hom nie te ver­trou nie.”

Het No­a­kes dus die sta­tus quo uit­ge­daag om­dat hy graag die gren­se van sport­we­ten­skap wou ver­skuif, of het dit hom op­ge­won­de ge­maak om sa­ke deur­me­kaar te krap?

Vol­gens W­hi­te was No­a­kes al­tyd baie rus­tig as hy in­set­te ge­le­wer het en was hy om­ge­we deur ’n stil­le ge­sag.

“Hy het nooit aan ons ge­sê doen dít of doen dát nie. Hy het jou al­tyd keu­ses ge­gee en die voor- en na­de­le van al­bei uit­ge­wys.”

Maar be­lang­ri­ker, het W­hi­te ge­sê, hy het ’n ei­en­skap ge­had wat seld­saam is in sport­be­stuur: hy was ge­mak­lik daar­mee om sy eie voor­stel­le te be­vraag­te­ken.

“Daar is ’n we­sen­li­ke oor­tui­ging dat jy te­o­rieë en be­gin­sels moet uit­daag as jy ’n voor­sprong in sport­we­ten­skap wil kry, al is dit jou eie,” het W­hi­te ge­sê.

“En hy is dap­per ge­noeg om dit te doen.”

Ter­wyl hy saam met die Bok­ke ge­werk het, het No­a­kes vol­gens W­hi­te boon­op iets ag­ter­ge­kom wat hy nie ge­weet het nie.

“Hy het ’n won­der­li­ke aan­voe­ling vir wat dit be­te­ken om ’n af­rig­ter te wees. Jy moet op jou voe­te dink as jy ’n af­rig­ter is. As dit mak­lik was om vol­gens ’n re­sep af te rig, sou al­mal af­rig­ters kon ge­wees het.” )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.