Google se ken­nis goed; eie in­stink be­ter

Beeld - - By -

Google. Wat ’n won­der­li­ke ding.

Kyk, ek was baie lief vir ons Ken­nis- en­si­klo­pe­die. Ek was in st. 2 toe Pa met die Ken­nis in die ag­ter­bak van die ou room­kleu­ri­ge twee­de­hand­se kar by die huis op­daag. (Pa, die groot bar­gain hun­ter, het dit ê­rens teen ’n wins­ko­pie op­ge­spoor.)

Groot op­ge­won­den­heid het in die Louw-ge­sin ge­heers. En die rooi boe­ke met die goue let­ters is da­de­lik met lief­de in die woon­ka­mer uit­ge­stal.

Me­ni­ge skool­taak is met groot erns en trots ver­rig uit hier­die rooi boe­ke. My guns­te­ling was “Die E­gip­te­na­re”. Ek was in st. 4 en het 97% ge­kry. Ja, ek sal in­der­daad al­tyd dank­baar wees vir Ken­nis.

Nou is daar Google. Druk ’n knop­pie en ’n wê­reld van ken­nis is voor jou deur.

Ek druk ’n knop­pie en ’n sjef kan my leer kook (vol­gens my fa­mi­lie het ek eg­ter nie by die reg­te web­wer­we uit­ge­kom nie en moet liefs meer daar­oor google).

Ek druk ’n knop­pie en ’n mo­del kan my leer gri­me­ring aan­sit (daar­mee suk­kel ek ook. Ek kry nooit die oog­om­ly­ner reg­uit nie en lyk soos ’n hans­wors as ek klaar is – ver ver­wy­derd van die “Kim Kar­dashi­an smo­key ey­es-look”).

Ek druk ’n knop­pie en Ke­vin S­pa­cey gee ’n mees­ter­klas in to­neel­spel (teen ’n prys, na­tuur­lik – in dol­lars. Ek spaar nog daar­voor). Maar al­les is daar. Al­le ken­nis. Maar nie die le­we nie. Nie wys­heid nie.

Want wat ge­beur as jy ’n op­roep kry en jy hoor jou vrien­din het pas ’n mis­kraam ge­had? Haar man is in A­me­ri­ka. Ons an­der vrien­din­ne werk. Sy is al­leen.

Ek jaag hos­pi­taal toe. Sy is nog in die te­a­ter. Ek wag. Ra­send van be­kom­mer­nis en ont­set­tend hart­seer. Maar ek mag nie huil nie. Wil nie huil nie. Nie voor haar nie. En he­mel, wat sê ’n mens?

Ek google. “Wat om te sê en nie te sê vir ’n vrou wat ’n mis­kraam ge­had het.” ’n He­le lys van web­wer­we ver­skyn. En ek lees. Vul my kop met ken­nis. Ek voel ge­reed.

Maar niks maak jou ge­reed wan­neer jou vrien­din te­rug in ’n hos­pi­taal­ka­mer ge­stoot word na­dat sy ’n ba­ba ver­loor het nie.

Nie Ken­nis nie. Nie Google nie. Woor­de ont­breek. Die ka­mer is ge­laai met e­mo­sie. Al wat ek kan doen, is om haar vas te hou. Woor­de is nie no­dig nie. On­der­steu­ning is.

Ek neem haar te­rug huis toe. Steek die kag­gel aan. Maak ’n lek­ker pot sop.

“Ten min­ste kan ek nou weer wyn drink,” sê sy. En ons lag. Nog vrien­din­ne sluit by ons aan. Ons sit som­mer op die mat voor die kag­gel.

Elk­een met ’n glas wyn. In­stink neem die oor­hand en ons elk­een steek ’n kers aan. Vir ont­hou. Uit eer­bied.

Vir haar en die klein le­we wat nie meer daar is nie. En ons huil. En dis goed. Want ons het me­kaar. En ek be­sef weer: Ja, ken­nis is goed. Google is goed. Maar wys­heid is be­ter. Ver­trou jou in­stink. Want dít kan die in­ter­net jou nie leer nie.

@An­toi­net­teLouw1

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.