Pas­ta wat win­ter­koue ver­jaag

Min­der ryk ge­bak­te Alf­re­do­pas­ta

Beeld - - Leefstyl - Jy be­no­dig: Só maak ’n mens: – Aan­ge­pas van pin­cho­fyum.com.

Fo­to’s: GERRIE JANSE VAN VUUREN Dié Alf­re­do is min­der ryk om­dat ’n mens die sous met blom­kool maak. Dit is ’n goeie ma­nier om groen­te in te glip son­der dat jou ge­sin weet. Pleks van ham kan jy ook gaar hoen­der of spek ge­bruik, of laat die vleis heel­te­mal weg vir ’n ve­ge­ta­rie­se op­sie. Ge­noeg vir 4­6. 450 g pen­ne 4 e bot­ter 2 knof­fel­hui­sies, ge­kap 1 mid­del­groot blom­kool, in blom­me­tjies ge­breek 2 kop­pies hoen­der­ of groen­te­af­trek­sel ¾ kop­pie melk ¼ kop­pie o­lyf­o­lie sout na smaak 1 pak­kie sam­pi­oe­ne, ge­kap 125 g ham, ge­kap 1 kop­pie gruyè­re­ of pe­co­ri­nok­aas, ge­ras­per vars of ge­droog­de sa­lie, na smaak 1. Kook die pas­ta so­wat se­we mi­nu­te, dit moet nog ferm wees wan­neer jy dit drei­neer. S­prin­kel o­lie oor en hou een­kant tot be­no­dig. 2. S­toom die blom­kool tot sag. So­teer in­tus­sen die knof­fel in een eet­le­pel bot­ter. 3. Plaas die blom­kool, knof­fel, af­trek­sel, melk, o­lie en sout in jou voed­sel­ver­wer­ker (of ge­bruik jou hand­ver­sap­per). Ver­sap tot glad (dit sal dalk no­dig wees om dit in sar­sies te doen). 4. Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. S­melt die res van die bot­ter in ’n baie groot pan en braai die sam­pi­oe­ne tot goud­bruin. Roer die ge­kap­te ham en sa­lie by. 5. Voeg nou die pas­ta en sous by die sam­pi­oe­ne en ham en roer tot ge­meng. Proe en geur na smaak met sout en pe­per. 6. Skep in ’n groot ge­smeer­de oond­vas­te bak en s­prin­kel die kaas oor. Bak 10­15 mi­nu­te of tot bor­re­lend en goud­bruin (jy kan dit ook ’n paar mi­nu­te on­der die roos­ter sit so­dat die kaas mooi ver­bruin). Sit voor saam met ek­stra vars sa­lie, in­dien ver­kies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.