Of jy nou kies om met twee of vier wie­le na hier­die dorp te ry, of selfs per stoom­trein vir ’n uit­stap­pie saam met die Reef S­te­a­mers­maat­skap­py, Ma­ga­lies­burg is ’n aan­trek­li­ke dor­pie met iets vir elk­een – en dis werk­lik net ’n ha­ne­tree van Gau­teng af.

Beeld - - Leefstyl - Waar om te bly Uit vir ’n bier Haal jou aap­stre­ke uit Coet­zee het Val­ley Lod­ge op uit­no­di­ging be­soek.

Ek en my fiets­ry­vrien­de ry ge­reeld met ons fiet­se van Kru­gers­dorp af so al langs die spoor­lyn Ma­ga­lies­burg toe en van die lek­ker­ste kof­fie en ei­ers wat ek al in my le­we ge­had het, was by die Wim­py op dié klein dor­pie. Ons loop ook ge­reeld an­der a­von­tuur­lus­ti­ges hier raak wat met hul ys­ter­per­de vir ’n la­fe­nis aan­klop (die kron­ke­len­de teer­pad hier­heen is ’n groot aan­trek­kings­krag vir mo­tor­fiets­ry­ers). Die vier­ster-Val­ley Lod­ge en Spa is soos ’n be­ken­de ou da­me op die dorp. Hier kan jy met ’n ge­rus­te hart vir ver­blyf kom aan­klop. ’n Mens tref ’n kom­bi­na­sie van ou­wê­reld­se sjar­me en styl aan, met ’n mo­der­ne, nu­we aan­slag wan­neer jy die spa be­soek. (Die spa voel soos die klein­dog­ter van die sta­ti­ge ou moe­der.)

Ons het on­langs een nag by die Val­ley Lod­ge oor­nag en selfs op een van die koud­ste nag­te van die win­ter was ons ruim ka­mer knus en warm. Aand­e­te was ’n tra­di­si­o­ne­le buf­fet met ’n groot ver­skei­den­heid vleis en groen­tes om van te kies. Ont­byt is ook as ’n buf­fet aan­ge­bied.

Daar is meer as ge­noeg ak­ti­wi­tei­te om jou mee be­sig te hou by hier­die lod­ge – van die vier mak­li­ke stap­roe­tes (wat wis­sel tus­sen 3,5 km en 500 m) tot vis­vang in die Ma­ga­lies­ri­vier wat langs die lod­ge ver­by­loop.

In die so­mer sal ek mak­lik ’n he­le dag net daar langs die groot swem­bad on­der die e­nor­me ou bo­me kan lê en bak.

Die spa by die lod­ge is op sig­self ’n be­soek werd, selfs al kom jy net as ’n dag­be­soe­ker. Hul­le bied ’n groot ver­skei­den­heid be­han­de­lings en mas­se­rings en die ont­span­nings­mas­se­ring wat ek ge­had het, het my laat voel as­of el­ke pro­bleem op aar­de maar na my kant toe kan kom. Die mas­se­ring met ver­hit­te klip­pe wat ek ge­had het, was ’n uur lank en kos R900.

Die à la car­te-mid­dag­e­te wat jy by die spa of by die ho­tel kan nut­tig, is be­slis die moei­te werd. My ste­ak was ’n bie­tjie te gaar na my sin, maar dit was baie geu­rig. Daar is ve­le an­der heer­li­ke op­sies op die spys­kaart, soos fo­rel.

Ont­byt vir dag­be­soe­kers kos R230 per per­soon en die aande­te­buf­fet is R280 per per­soon. Die Son­dag­buf­fet is R250 per per­soon.

S­ka­kel 014 577 1301 of be­soek val­ley­lod­ge.co.za vir nog in­lig­ting. Die Black Hor­se-mi­kro­brou­e­ry en re­stau­rant is oor na­we­ke ’n ge­wil­de kui­er­plek, nie net vir mo­tor­fiets­ry­ers wat daar stop vir ont­byt nie, maar vir die he­le ge­sin.

Die bier­brou­er is Nuschka Bo­tha wat al deur en deur be­wys het sy hoef nie ’n tree te­rug te staan vir haar man­li­ke e­we­knieë nie. Hier is ge­woon­lik tus­sen vyf en ne­ge ver­skil­len­de soor­te tap­bie­re om van te kies en die ge­wild­ste boe­tiek­bier is die Gol­den La­ger.

In die week van Woens­dae tot Vry­dae van 08:00 tot 10:30 is daar ’n Cra­zy Hor­ses B­re­ak­fast vir R15 en dan kry jy boon­op gra­tis WiFi. Ja, jy lees reg: R15!

Die ge­bou was oor­spronk­lik ’n per­de­stal, maar dees­dae is dit ’n drie­ver­die­pin­geet­plek met lang ta­fels en in­tie­me hoe­kies. O­ral is kag­gels om die win­ter­koue af te weer en in die so­mer kan jy heer­lik on­der die groot pe­kan­neut­bo­me kui­er.

’n Bur­ger hier sal jou so­wat R95 uit die sak jaag en die eis­bein met aar­tap­pel­slaai, sau­er­kraut en mos­terd kos R145.

S­ka­kel 082 453 5295 of be­soek black­horse.co.za vir meer. Die Ma­ga­lies­berg Ca­nopy Tour bied jou die ge­leent­heid om hier­die om­ge­wing van­uit ’n to­taal an­der hoek te be­leef ter­wyl jy met die een foe­fie­slaaid ná die an­der deur die lug swiep. Die toer vind in ’n ys­li­ke rots­ag­ti­ge kloof in die Ma­ga­lies­ber­ge plaas, maar selfs vir klein kin­der­tjies en dié wat min­der man­haf­tig is van gees, is dit vei­lig en groot pret.

Die toer be­gin by die Ca­nopy Tours se kan­toor wat op die­self­de per­seel is as die S­par­kling Wa­ters Ho­tel en Spa. Hier­van­daan ry jy ag­ter­op ’n bak­kie na die om­lig­gen­de plaas Krans­kloof, waar jy met tien ka­bels heen en weer oor die kloof swiep. Die lang­ste een strek oor 140 m en die hoog­ste punt is so­wat 60 m bo die grond.

Die toe­re vind daag­liks plaas en duur so­wat twee uur. Dit kos R595 per per­soon en sluit toe­brood­jies en ’n bot­tel­tjie wa­ter in. My kin­ders was die mees­te be­ïn­druk met hul dap­per­heid­ser­ti­fi­ka­te wat hul­le ver­werf het.

Bel hul­le by 014 535 0150 of 082 859 4036 of be­soek ma­ga­lies­ca­nopy­tour.co.za. )

Daar is vier stap­roe­tes om van te kies by Val­ley Lod­ge.

Die Ma­ga­lies Ca­nopy Tours is een groot a­von­tuur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.