In ’n land waar lo­bo­la eer­ste kom en die kon­fet­ti la­ter wan­neer die lief­de ‘ge­koop’ is, is dit se­ker nie snaaks dat een van ons mooi­ste in­heem­se strui­ke, Co­le­o­ne­ma, juis die volks­naam ‘kon­fet­ti­bos’ het nie – dalk om­dat dié ou­li­ke strui­kie som­mer vroeg­dag

Beeld - - Leefstyl - Blom­tyd K­li­maat K­week­wen­ke Pas op hier­voor Pluk blom­me vir die vaas

Co­le­o­ne­mas groei na­tuur­lik in die Oos- en WesKaap en daar is ’n paar ga­we tuin­hi­brie­de ook. Die be­koor­li­ke, im­mer­groen strui­ke met ’n groot­te van so­wat 1,5 m x 1 m is hou­te­rig, met baie en dun sy­tak­ke wat oor­trek is van klein, naal­dag­ti­ge bla­re. Die loof is a­ro­ma­ties en es­sen­si­ë­le o­lies word uit die spe­sie Co­le­o­ne­ma al­bum ont­trek. Die a­ro­ma­tie­se en reuk­we­ren­de ei­en­skap­pe van die tak­kies en bla­re kan ook ge­bruik word om in­sek­te soos mus­kie­te en mie­re af te weer en om sleg­te reu­ke soos ’n vis­reuk, van jou han­de te ver­wy­der. Dis juis hier­die a­ro­ma­tie­se loof, wat aan Co­le­o­ne­mas hul an­der volks­naam, klip­boe­goe, gee – reg­te boeg­oes val eg­ter on­der die ge­nus A­gat­hos­ma. Hon­der­de klein ster­vor­mi­ge blom­me­tjies word van die laat­herfs, win­ter tot diep in die len­te aan die pun­te van el­ke sy­tak­kie ge­dra, wat reg­tig lyk as­of die plan­te on­der ’n kon­fet­ti­re­ën deur­ge­loop het. Hul­le lok ’n me­nig­te in­sek­te en skoen­lap­pers. Co­le­o­ne­mas aard die bes­te in win­ter­re­ën­stre­ke waar hul­le by­ko­men­de wa­ter in die droë so­mers sal no­dig hê. Hul­le vaar eg- ter goed in an­der stre­ke, maar sal nie baie swaar ryp en ui­ter­ste win­ter­koue oor­leef nie.

In hu­mie­de ge­bie­de met in­ten­se hit­te en oor­ma­ti­ge so­mer­re­ën­val, kan hul­le soms vrek weens P­hy­top­ht­ho­ra, wat ’n wor­tel­siek­te is. ) Plant­plek: Op ’n warm plek in vol­son in ’n fyn­bos­tuin, op rots­tui­ne in ge­wo­ne ge­meng­de struik­bed­dings, saam met pla­te gras­se, of in on­ge­ly­ke groe­pe in ’n tuin waar ’n mens ’n kalm Oos­ter­se at­mos­feer wil skep – die plan­te re­a­geer baie goed op dras­tie­se snoei en kan in die in­te­res­san­ste groei­vorms soos lae wol­ke, groen bal­le of skerp vier­kan­te ge­vorm word wat so ken­mer­kend is van hier­die tuin­styl.

Jy kan Co­le­o­ne­mas ook ge­bruik as for­me­le of in­for­me­le hei­ning­plan­te. Die plan­te groei ook ewe gaaf in pot­te. ) Grond: Sorg vir goed­drei­ne­ren­de kom­pos­ver­yk­te grond met ’n neu­tra­le tot ef­fen­se suur pH­waar­de. ’n De­klaag van grow­we kom­pos of bas­stuk­kies is voor­de­lig om die fyn en op­per­vlak­ki­ge wor­tel­stel­sel te be­skerm. ) Wa­ter: Co­le­o­ne­mas is re­de­lik wa­terslim as hul­le eers goed ge­an­ker het, en sal oor­leef tus­sen an­der plan­te met lae wa­ter­be­hoef­tes. Maar ge­reel­de diep wa­ter in die warm­ste de­le van die so­mer sal hul­le we­li­ger hou. ) Be­mes­ting en snoei: Snoei die plan­te da­de­lik na­dat hul­le ge­blom het vir net­heid en om dig­te nu­we groei en die ont­wik­ke­ling van baie nu­we blom­knop­pies vir ’n vol­gen­de sei­soen te sti­mu­leer. Moe­nie toe­laat dat die saad­kap­su­les wat ná die blom­me kom, ont­wik­kel nie. Ná snoei­tyd kan jy ook ’n sta­dig­vry­stel­len­de or­ga­nie­se mis­stof toe­dien en die dek- laag om die wor­tel­stel­sel her­nu. Om­dat Co­le­o­ne­mas nes an­der le­de van die fyn­bos­ko­nink­ryk ’n baie vlak en fyn wor­tel­stel­sel het, moet daar nooit na­by die plan­te ge­spit en om­ge­dol­we word nie aan­ge­sien hul­le kan vrek. Die oor­vloe­di­ge sy­tak­ke oor­trek met mas­sas blom­me­tjies gee ook die voor­deel dat ’n mens in die koe­ler maan­de wan­neer blom­me skaars is, iets uit jou tuin kan pluk vir die vaas.

Die kon­fet­ti­bos­se se blom­me hou nog­al lank in vars wa­ter en is ge­rief­li­ke vul­ler­kleur tus­sen an­der ro­buus­ter sny­blom­me.

Hul­le het ’n ef­fen­se “wil­de” veld­geur waar­voor par­ty neu­se dalk op­ge­trek sal word, maar ek kan ge­woon­lik nie wag dat my plan­te be­gin blom nie!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.