Ja­guars wil na­els wys in Ki­wi­land

Beeld - - Sport - Ann­chen Nel Jen­ny van Dyk, af­rig­ter van die Ja­guars, gee op­drag­te aan haar span in ver­le­de maand se Pre­mier­liga­eind­stryd teen die Fla­mes in Bloem­fon­tein.

Ná ’n lang reis via Du­bai en Auck­land na Nel­son in Ni­euSee­land, wag ’n reu­se-uit­da­ging mô­re op die Ja­guars.

Dié Noord-Gau­teng­se net­bal­span be­gin sy deel­na­me aan ’n nu­we in­ter­na­si­o­na­le klub­toer­nooi teen die Sout­hern S­teel, die wen­ner van Nieu-See­land se Pre­mier­liga.

Die Ja­guars ver­teen­woor­dig Suid-A­fri­ka dank­sy hul ti­tel­suk­ses in die na­si­o­na­le Pre­mier­liga.

Agt span­ne sal oor ses dae deel­neem. Be­ne­wens die Ja­guars en Sout­hern S­teel is die Cen­tral Pul­se en Mys­ti­cs van Nieu-See­land, Nieu-Suid-Wal­lis se S­por­t­in­sti­tuut (NSWIS) van Aus­tra­lië, Ma­ra­ma Vou van Fidji, die U­ni­ver­si­teit van T­ri­ni­dad & Toba­go en die Cel­tic Fla­mes van Wal­lis ook in ak­sie.

Die NSWIS en T­ri­ni­dad is saam met die S­teel in die Ja­guars se groep.

Die S­teel het hul sei­soen on­oor­won­ne af­ge­sluit en Woens­dag in In­ver­car­gill die Ni­euSee­land­se eind­stryd teen Cen­tral Pul­se met 69-53 ge­wen.

Jen­ny van Dyk, die Ja­guars­af­rig­ter, is on­der geen il­lu­sies oor die uit­da­gings wat op die P­re­to­ri­a­ners wag nie.

“Ons be­sef dit gaan ’n groot wed­stryd wees. Ons wil so me­de­din­gend as moont­lik wees, want dit is ons doel­wit om die uit­speel­stry­de te haal,” sê sy.

Die brei­er er­ken hul­le stel hoë doel­wit­te aan hul­self, maar sê hul­le het nie so ver ge­reis om nié goed te vaar nie.

Die ge­leent­heid om aan dié toer­nooi deel te neem, is ’n reu­se-kans.

“Ons klei­ner doel­wit is om ons sterk­pun­te on­der druk te ver­be­ter,” sê Van Dyk, met ver­wy­sing na haar eis dat die spe­lers hul­le nie e­mo­si­o­neel moet laat oor­wel­dig nie.

Die Ja­guars se voor­spoed was Tuks se te­ë­spoed.

Elf le­de van die Ja­guars se groep sou vol­gen­de week aan die Us­sa-toer­nooi in Pot­chef­stroom deel­ge­neem het. Nou is hul­le nie meer be­skik­baar nie.

Twee Ja­guars-spe­lers is ook vir die SA o.21-span ge­kies.

Van Dyk sê sy en haar hulp­af­rig­ters het be­plan vir die moont­lik­heid dat die Ja­guars die Pre­mier­liga sou wen.

Tuks ver­de­dig hul Us­sa-ti­tel dus met ’n jong, on­er­va­re span.

Van Dyk het die af­rig­ter-lei­sels oor­ge­gee aan E­rin Bur­ger, ’n Pro­tea-sen­ter. “E­rin sal die span mooi by­me­kaar bring, want die spe­lers ver­trou haar.

“Us­sa is ’n goeie plat­form vir die jon­ges om te wys hul­le kan op daar­die vlak speel. Tuks kan steeds ’n me­dal­je wen,” glo Van Dyk.

Tuks: Du­ne S­treut­ker, Ru­man­di Pot­gie­ter, Je­a­net­te Ver­meu­len, Sa­ne­le But­he­le­zi, An­ke Noth­na­gel, Ly­ne van Huys­steen, A­ko­sua Men­sah, Ju­zel­ri Gar­bers (k), Sa­man­tha Hol­der, Ja­net Pou­wels, Le­crisha Maas, C­han­té Fou­rie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.