Root nou ge­an­ker dank­sy Cook se raad

Beeld - - Sport - – Reu­ters

Joe Root er­ken hy is nie ’n na­tuur­li­ke lei­er nie, maar die nu­we kap­tein van die En­gel­se toets­span sê sy tyd as Alas­tair Cook se ad­ju­dant het hom voor­be­rei vir die ver­ant­woor­de­lik­heid.

Dié e­le­gan­te kol­wer het hom­self ge­ves­tig as een van die voor­ste spe­lers van sy ge­ne­ra­sie in al d­rie weer­ga­wes van die spel en hy word in die­self­de a­sem ge­noem as In­dië se Vi­rat Koh­li en Ka­ne Wil­li­am­son van Nieu-See­land.

Root (26) kan nou ook ver­wag om die duo in tak­tie­se twee­stry­de te pak na­dat hy hom by hul­le aan­ge­sluit het as kap­tein van hul on­der­skeie na­si­o­na­le span­ne.

Sy eer­ste taak in sy nu­we rol be­gin op 6 Ju­lie in die reeks teen Suid-A­fri­ka.

“Ek sou nie juis sê ek is ’n na­tuur­li­ke lei­er nie, maar om ’n meer se­ni­or rol in die span te be­klee en die on­der­kap­tein­skap die laas­te paar jaar sal be­slis in daar­die op­sig help,” sê Root.

Root het groot ag­ting vir Cook, maar is ook gre­tig om die vas­be­ra­den­heid van Nas­ser Hus­sain en die po­si­tie­we lei­er­skap van Mi­cha­el Vaug­han in sy nu­we rol toe te pas.

“’n Ba­lans tus­sen daar­die twee en ie­mand soos Mi­ke B­re­ar­ley . . . die wy­se waar­op hy so­veel groot ka­rak­ters be­stuur het, al­mal in een kleed­ka­mer, en die bes­te uit al­mal kon kry vir ’n om­me­keer in ’n reeks teen Aus­tra­lië (in 1981) . . .” sê Root.

Die seun van Yorks­hi­re sê hy sal deeg­lik wees in sy voor­be­rei­ding, maar al­tyd sy in­stink ver­trou.

“Ek wil hê dit moet na­tuur­lik wees. Ek wil nie al hier­die groot­skaal­se plan­ne in plek hê en dan ver­an­der iets of ver­loop dit nie vol­gens plan nie en dan voel jy is te­rug by die be­gin.

“Ek dink (om in­stink­tief te wees) is een van my sterk­pun­te as ’n spe­ler, as ’n kol­wer, en ek dink dit sal dom wees om nie by iets te hou wat my so goed te staan ge­kom het nie.”

Root erf ’n toets­span prop­vol wed­stryd­wen­ners en hy glo die veel­sy­di­ge Ben S­to­kes sal deur­slag­ge­wend wees in En­ge­land se ver­to­ning.

“Hy gaan ’n mas­sie­we rol speel,” sê Root oor sy ad­ju­dant.

“Jy kon sien hoe sy spel oor die laas­te jaar of wat ont­wik­kel en hy is die ti­pe per­soon, hoe meer jy hom gee, hoe meer kry jy uit hom uit.

“Ek dink dit is won­der­lik dat hy sy kans kry om bie­tjie meer van ’n lei­er in die kleed­ka­mer te word.”

Fo­to: GETTY IMAGES

Joe Root

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.