SA kol­wers bal­jaar teen die naas­bes­tes

Beeld - - Sport - Johann de Ja­ger

Dis nie ’n uit­ge­maak­te saak dat Faf du P­les­sis, kap­tein van die Pro­te­as, be­tyds gaan te­rug­keer om in die eer­ste toets teen En­ge­land op Lord’s te speel nie.

Du P­les­sis het sy vrou, I­ma­ri, Woens­dag by­ge­staan met die ge­boor­te van hul eer­ste­ling.

“Dit was ’n moei­li­ke be­val­ling en hy sal slegs te­rug­keer as sy vrou en ba­ba piek­fyn is,” sê Le­ra­to Ma­le­ku­tu, me­di­a­woord­voer­der.

Die eer­ste van vier toet­se teen En­ge­land be­gin Don­der­dag.

De­an El­gar sal die span aan­voer as Du P­les­sis nie be­tyds te­rug­keer nie.

Ma­le­ku­tu sê die af­rig­ter Rus­sell Do­min­go, wat in­der­haas na Suid-A­fri­ka moes te­rug­vlieg om­dat sy ma in ’n mo­tor­on­ge­luk was, het hom weer by die span in En­ge­land aan­ge­sluit. “Sy is nog ’n bie­tjie broos, maar is uit die hos­pi­taal ont­slaan, wat ’n po­si­tie­we te­ken is.”

Nóg ’n po­si­tie­we te­ken was die kolf­werk van die Pro­te­as gis­ter in Wor­ces­ter.

Die twee­de dag van hul oe­fen­wed­stryd teen die En­gel­se Li­ons was ’n vrug­ba­re een vir die kol­wers.

Vier van hul­le het vyf­tig­tal­le be­haal na­dat die weer ’n ruk lank saam ge­speel het. Die toer­span het 382/4 ge­had toe spel met nog 20.3 beur­te oor weens swak lig ge­staak is.

Hashim Am­la het op 91 ’n hon­derd­tal prys­ge­gee.

Die nu­we­ling in die groep, Hei­no Kuhn, het op 80 ook be­sluit om die res van die kol­wers kolf­kans te gee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.