Die 104de Tour de Fran­ce be­gin van­dag in D­üs­sel­dorf, Duits­land, met ’n in­di­vi­du­e­le tyd­toets oor 14 km. Hier is ’n blik op die fiets­ry­ers wat die groot­ste aan­spraak­ma­kers op Tour­glo­rie be­hoort te wees:

Beeld - - Sport - 1. Chris Froome (B­rit­tan­je, Te­am Sky) 3. Nai­ro Quin­ta­na (Co­lom­bia, Mo­vis­tar) (fo­to links) 4. Ro­main Bar­det (Frank­ryk, AG2R­La Mon­di­a­le) 5. Al­ber­to Con­ta­dor (S­pan­je, Trek­Seg­af­re­do) – Reu­ters

Ou­der­dom: 32 Noe­mens­waar­di­ge uitslae: Tour de Fran­ce: 1ste (2013, 2015, 2016), 2de (2012); Vu­el­ta a España: 2de (2011, 2014, 2016).

Froome is son­der twy­fel die groot­ste guns­te­ling om die wed­ren te wen met ’n sterk span wat hom sal on­der­steun. Te­am Sky het die laas­te paar jaar die pas van die wed­ren be­heer. Dit het Froome toe­ge­laat om die uit­klop­hou aan die ein­de van ’n skof te plant.

Ver­le­de jaar het hy ge­wys hy is ’n man vir e­ni­ge uit­da­ging toe hy sy me­de­din­gers op af­draan­des en op plat paaie uit­oor­lê het.

Die e­nig­ste be­kom­mer­nis is sy peil van­jaar – hy kon nog nie dié sei­soen ’n fiets­ren wen nie. In 2016 het hy vir die Tour de Fran­ce aan­ge­tree met ver­skeie se­ges ag­ter sy naam. Sy er­va­ring kan eg­ter deur­slag­ge­wend wees. 2. Ri­chie Por­te (Aus­tra­lië, BMC Ra­cing) Ou­der­dom: 32 Noe­mens­waar­di­ge uitslae: Tour de Fran­ce: 5de (2016); Gi­ro d’I­ta­lia: 7de in 2010.

Por­te was so­ver dié sei­soen die in­druk­wek­kend­ste in skofren­ne met se­ges in die Tour Do­wn Un­der so­wel as die Tour de Ro­man­die.

Hy was ook twee­de in die C­rité­ri­um du Dau­phiné en het ver­al sterk ge­klim.

Een ding wat teen hom tel, is die feit dat hy nog nie juis sy stem­pel in ’n Tour de Fran­ce kon af­druk nie. Ou­der­dom: 27 Noe­mens­waar­di­ge uitslae: Tour de Fran­ce: 2de (2013, 2015), 3de (2016); Gi­ro d’I­ta­lia: 1ste (2014), 2de (2017); Vu­el­ta: 1ste (2016), 4de (2015).

Quin­ta­na word ge­ag as een van die bes­te klim­mers en tel on­der en­ke­le ry­ers wat Froome in die ber­ge in die stof kan laat byt.

Die feit dat daar van­jaar min­der tyd­toet­se is, sal in sy guns tel. Met die Co­lom­bi­aan­se fiets­ry­er wat ook in die Gi­ro d’I­ta­lia ge­trap het, sal sy on­der­steu­ners hoop dat sy be­ne hou. Ou­der­dom: 26 Noe­mens­waar­di­ge uitslae: Tour de Fran­ce: 2de (2016), 6de (2014). Bar­det was ver­le­de jaar twee­de en het se­dert­dien ver­be­ter. Maar din­ge het nie in 2017 in sy guns ver­loop nie. Bar­det is uit die Pa­ris­Ni­ce­fiets­ren ge­skop na­dat hy die span se sleep­voer­tuig ge­bruik het.

Die stryd tus­sen hom en Froome be­hoort vuur­warm te wees. Ou­der­dom: 34 Noe­mens­waar­di­ge uitslae: Tour de Fran­ce: 1ste (2007, 2009); Gi­ro d’I­ta­lia: 1ste (2008, 2015); Vu­el­ta: 1ste (2008, 2012, 2014).

Hy het in 2009 laas ’n ti­tel in die Tour de Fran­ce ver­o­wer, maar sal nie on­der­skat word nie. Die S­pan­jaard is be­kend om sy lang­af­stan­d­aan­val­le.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.