Ná don­ker dae droom Ru­an weer gróót

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner Ru­an Com­brinck het on­langs vir die Suid­A­fri­kaan­se A­span in die eer­ste wed­stryd teen die Fran­se Bar­ba­ri­ans uit­ge­draf, maar dis die S­pring­bok­trui wat hy graag weer wil dra.

Dit maak seer om die S­pring­bok­ke te sien rug­by speel en nie deel te wees daar­van nie, sê Ru­an Com­brinck, vleu­el van die Leeus.

“Dit is ook hoe dit hoort,” sê hy, “want as dit nie hier diep bin­ne in jou seer­ge­maak het om die Bok­ke son­der jou te sien speel nie, moet jy eint­lik nie eens rug­by speel nie.”

’n Jaar ge­le­de het Com­brinck die S­pring­bok-to­neel soos ’n he­wi­ge don­der­storm ge­tref en in sy de­buut ’n d­rie teen Ier­land op El­lis­park ge­druk in wat nou al be­kend staan as Com­mies se hoek.

Daar­die eu­fo­rie het eg­ter ge­kwyn en ’n skou­er­be­se­ring het sy baie be­lo­wen­de rug­by­loop­baan tot ’n stil­stand laat kom.

“E­mo­si­o­neel was dit ’n paar baie don­ker maan­de in my le­we,” het hy van­dees­week by El­lis­park ont­hul.

“My bes­te vriend se pa is oor­le­de, ek het ’n neef van my aan die dood af­ge­staan en my ou­ma was só siek dat ons ge­dink het ons gaan haar ook ver­loor. En dan was daar nog die skou­er­be­se­ring wat my ook baie frus­tra- sie be­sorg het.

“Ek is nog jonk en al hier­die din­ge was vir my baie moei­lik om te ver­werk. Jy be­gin al­ler­lei vrae vra en won­der hoe­kom ge­beur dit so. Dit is dan wan­neer jou ge­loof reg­tig ge­toets word,” sê Com­brinck.

“Al hier­die din­ge is eg­ter om jou ka­rak­ter te bou en van jou ’n ster­ker mens te maak. Jy moet be­sef wat oor jou pad kom is nou maar een maal deel van die le­we.”

Com­brinck sê hy kan nou weer die blink kant van die le­we raak­sien en dit met her­nieu­de y­wer aan­pak.

Met sy skou­er­be­se­ring wat el­ke dag be­ter word, is dit as’t wa­re as­of daar nou ’n ge­wig van sy skou­ers af is.

“Ek sien reg­tig daar­na uit om weer aan my rug­by­loop­baan te bou hier by die Leeus en dan ook la­ter van­jaar in die bui­te­land te gaan speel.

“Ja, ek weet dit gaan maar moei­lik wees om daar­die S­pring­bok­trui te­rug te kry, maar ek moet ge­reed wees vir die uit­da­ging en om my­self weer te ves­tig,” sê hy.

“Iets wat my al­tyd sal by­bly is wat JP Pie­ter­sen ver­le­de jaar vir ons ge­sê het. Sy woor­de was dat jy nooit die Bok-trui as van­self­spre­kend moet be­skou nie, want el­ke toets waar­in jy speel, kan jou laas- te wees. “Dit is woor­de daai wat ek nooit sal ver­geet nie en wat my al­tyd sal by­bly.” By die Leeus is al ge­sê hy is ie­mand wat flo­reer op die groot ver­hoog en wan­neer die kol­lig op sy hel­der­ste skyn. Daar word ver­tel dat jy hom nie in ’n wed­stryd moet laat speel voor ’n hand­jie­vol men­se en waar daar nie veel op die spel is nie. “Jong ja, in van daar­die wed­stry­de waar ek vir die Goue Leeus in die Su­perS­port-uit­daag­reeks ge­speel het, het ek om­trent nooit die bal ge­kry nie en het ek maar so vir fiks­heid net op en af langs die kant­lyn ge­hard­loop. “Ek moet er­ken ek ge­niet dit wan­neer die druk op my is en dit ’n groot wed­stryd voor ’n groot ska­re is. Ek ge­niet dit om my­self on­der druk te plaas op die veld. Dit is maar se­ker iets wat ek by my ma ge­ërf het,” sê hy met ’n glim­lag.

Fo­to: GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.