Leeus soek vol­pun­te

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Niks min­der nie as vyf liga­pun­te sal van­dag goed ge­noeg wees vir die Leeus in hul Su­per­rug­by-wed­stryd teen die Sun­wol­ves op El­lis­park in Jo­han­nes­burg.

Jo­han Ac­ker­mann, af­rig­ter van die Leeus, het dit dui­de­lik aan sy spe­lers uit­ge­spel dat hul­le dié wed­stryd met die reg­te in­ge­steld­heid moet be­na­der en re­spek vir hul teen­stan­ders moet toon.

“Ons het ’n ver­ant­woor­de­lik­heid teen­oor die trui en ons on­der­steu­ners om hier­die wed­stryd met groot erns te be­na­der en met oor­ga­we te speel,” sê Ac­ker­mann.

Dit sal ’n groot fout wees as die Leeus glo dat die Sun­wol­ves net so om­ge­dop gaan word.

“Hul­le (Sun­wol­ves) is ’n span wat kan drieë druk en ons moet hul­le nie lig­te­lik op­neem nie,” sê hy.

Die kloof tus­sen die Leeus en hul Ja­pan­se teen­stan­ders is só groot dat daar mak­lik in­ge­sien kan word dat die spe­lers teen oor­ge­rust­heid sal moet waak.

Ac­ker­mann wil sien dat sy trop die spel­peil wat hul­le o­pen­baar het vir die S­pring­bok­ke in die af­ge­lo­pe toets­reeks teen Frank­ryk, hand­haaf.

Dit is ook hoe­kom hy ál sy S­pring­bok­ke gaan in­span, eer­der as om hul­le ’n blaas­kans te gee.

Hy sal ook van die span ver­wag om te wys dat hul­le in die af­we­sig­heid van hul S­pring­bok­kap­tein, War­ren W­hi­te­ley, steeds ’n hoë stan­daard kan hand­haaf.

Ja­co K­riel, die nu­we kap­tein, het dit dui­de­lik ge­stel dat hul­le steeds die­self­de be­na­de­ring sal hê wat hul­le in die twee­de plek op die pun­te­lys ge­kry het.

Die Leeus moet juis met ’n groot en oor­tui­gen­de se­ge die bood­skap uit­stuur dat hul­le steeds oor­ge­haal is om die Su­per-tro­fee staan­plek op El­lis­park te gee – al is hul­le W­hi­te­ley kwyt.

Fo­to: GALLO IMAGES

Jo­han Ac­ker­mann het sy te­rug­ke­ren­de S­pring­bok­ke, soos Mal­colm Marx, ge­vra om die Sun­wol­ves stil te brul.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.