24 uur

Pro­te­as wil stem dik maak teen Win­dies

Beeld - - Sport - – S­port­re­dak­sie

Die Suid­A­fri­kaan­se vrou­e­krie­ket­span hoop om mô­re in Lei­ces­ter sy Wê­reld­be­ker­veld­tog te­rug op koers te kry wan­neer hy die Wes­In­die­se Ei­lan­de pak.

Die Suid­A­fri­ka­ners se wed­stryd Woens­dag in Der­by teen Nieu­See­land is af­ge­las weens re­ën.

Dané van Nie­kerk se span sal vol ver­troue wees teen die Win­dies.

Die twee span­ne het krag­te ge­meet in ’n op­warm­wed­stryd die week voor­dat die Wê­reld­be­ker­toer­nooi be­gin het. Die Win­dies is vir net 63 uit­ge­boen­der, met Ma­sa­ba­ta Klaas wat 4/14 plat­ge­trek het.

Die Pro­te­as het dié wed­stryd met 6 paal­tjies ge­wen.

Maar die Win­dies is ’n span wat sy stem dik maak in groot wed­stry­de.

Hy het in die eind­stryd van die Wê­reld­be­ker­toer­nooi van 2013 ver­loor en is die hui­di­ge in­ter­na­si­o­na­le T20­kam­pi­oe­ne.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.