Hoe waai die wind vir S­tor­mers?

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Is hul­le wa­re aan­spraak­ma­kers, of weer ’n span wat met die mid­del van die pun­te­lys te­vre­de moet wees? Dís die vraag wat die S­tor­mers moet be­ant­woord wan­neer hul­le van­dag in Bloem­fon­tein teen die C­hee­tahs in ’n Su­per­rug­by-wed­stryd te staan kom.

Met vyf ne­der­lae in hul laas­te ses wed­stry­de wat ge­volg het op ’n be­moe­di­gen­de be­gin van ses se­ges ag­ter­een­vol­gens, is daar in­der­daad baie vrae oor die Ka­pe­naars.

Hul­le lyk be­ter as baie an­der span­ne in dié reeks, maar ook nie na ’n span wat met die heel bes­tes kan saam­ge­sels nie.

Daar is wel hoop, dank­sy die toer­nooi-for­maat wat hul­le ver­se­ker van tuis­veld­voor­deel in die kwart­eind­ron­de.

Hul­le sal waar­skyn­lik gas­heer speel vir ’n Nieu-See­land­se span.

Maar van­self­spre­kend kan só ’n wed­stryd nie met self­ver­troue in­ge­gaan word as jy teen die C­hee­tahs in Bloem­fon­tein ver­loor nie.

Die C­hee­tahs is ’n span wat al­tyd sterk sal wees in die Cur- rie­be­ker-reeks, maar nie die koop­krag van die gro­ter u­nies het om ’n krag­ti­ge Su­per­rug­by­span te bou nie.

Of dit nou die S­tor­mers, Leeus, Bul­le of Haaie is, bly ’n ne­der­laag teen die C­hee­tahs in die Su­per­reeks, on­ge­ag waar die wed­stryd ge­speel word, on­aan­vaar­baar.

Tog is dit dik­wels die S­tor­mers se lot in die Ro­se­stad.

Ver­le­de jaar het die Ka­pe­naars in Bloem­fon­tein ge­se­ë­vier, maar hul­le is in al d­rie voor­af­gaan­de sei­soe­ne ge­klop.

’n Groot se­ge op Nu­we­land vir die S­tor­mers – hul­le het die C­hee­tahs in A­pril met 53-10 ge­klop – is ook nie nood­wen­dig ’n aan­dui­ding dat die vol­gen­de krag­me­ting een­sy­dig gaan wees nie.

Met al­bei span­ne dik­wels broos op die ver­de­di­ging, wag daar heel moont­lik ’n wed­stryd waar­in skou­ers by wy­se van spre­ke oop­ge­maak word.

Boon­op is daar ’n in­te­res­san­te di­na­mi­ka met heel­wat spe­lers in C­hee­tahs-ge­le­de­re wat glo reeds kon­trak­te met die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie on­der­te­ken het, of hoop om te be­klink.

Vier spe­lers in die C­hee­tahs se 23-tal – die vleu­els Ser­ge­al Pe­ter­sen, Ray­mond R­hu­le, die flank Ou­pa Mo­ho­jé en die sen- trer C­lin­ton Swart – is glo al­mal op die WP se in­ko­pie­lys om aan­staan­de jaar S­tor­mers te word.

Fo­to: GALLO IMAGES

Van­dees­week vol grap­pies, van­dag vol gif? Die S­tor­mers ves­tig hul hoop op Bok­ke soos Dil­lyn Leyds (regs) en Bon­gi M­bo­nam­bi om die C­hee­tahs in Bloem­fon­tein siep­sop­braai­boud te gee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.