Eens wou hy All Black wees, nou moet hul­le hom vrees

Beeld - - Sport - – Reu­ters

Ma­ko Vu­ni­po­la het as seun daar­van ge­droom om vir die All Black-rug­by­span te speel, maar hy is oor­ge­haal om ten al­le kos­te te ver­hoed dat Nieu-See­land van­dag die toets­reeks teen die B­rit­se en Ier­se Leeus be­klink.

Dié En­gel­se stut, wat in Wel­ling­ton ge­bo­re is, sê hy was as kind Jo­nah Lomu, die le­gen­da­rie­se All Black-vleu­el, se groot­ste aan­han­ger.

Vu­ni­po­la se pa, Fe’ao, wat Ton­ga op sy dag aan­ge­voer het, het ja­re ge­le­de na sy seun as die “vol­gen­de Olo Bro­wn” (’n stut wat 56 toet­se vir Nieu-See­land ge­speel het) ver­wys.

“Ek het as seun vas­ge­na­el ge­sit wan­neer die All Blacks ge­speel het, gro­ten­deels om­dat Jo­nah Lomu vir hul­le uit­ge­draf het. Ek wou al­tyd soos hy wees. Ek was gaan­de oor hom,” het Vu­ni­po­la in sy ge­boor­te­stad ge­sê.

Die twee­de toets in die reeks van d­rie tus­sen die All Blacks en die Leeus word in Wel­ling­ton ge­speel na­dat die Ki­wi’s ver­le­de Sa­ter­dag met 30-15 in die eer­ste toets ge­se­ë­vier het.

Dit is die 26-ja­ri­ge Vu­ni­po­la se eer­ste be­soek aan die Nieu-See­land­se hoof­stad se­dert hy as kind saam met sy ou­ers Wal­lis toe is, waar sy pa sy loop­baan daar gaan af­sluit het.

Sy jon­ger broer, Bil­ly, is ook in die Leeus se groep in­ge­sluit, maar moes hom weens ’n skou­er­be­se­ring aan die toer ont­trek.

Hoe­wel Fe’ao wou ge­had het sy seuns moet vir Wal­lis speel, het al­bei vir En­ge­land se ju­ni­or span­ne ge­speel na­dat die ge­sin na Glou­ces­ters­hi­re ver­huis het.

Vu­ni­po­la het in 2012 sy toets­de­buut vir En­ge­land ge­maak en het die Leeus die vol­gen­de jaar in al d­rie toet­se teen die Wal­la­bies ver­teen­woor­dig.

Hy gee toe ver­le­de na­week se ne­der­laag in Auck­land was ’n on­ver­wag­se wek­roep vir die Leeus, ver­al na­dat War­ren Gat­land, hul af­rig­ter, geen ge­heim daar­van ge­maak het dat sy span nie fi­siek op­ge­was­se was nie.

“Hy het ons uit­ge­daag (met sy kom­men­taar) en die ver­ant­woor­de­lik­heid is op ons om dit reg te stel. Ons is ge­kwes. Die kans is daar in die twee­de toets en ons moet hom ver­keerd be­wys.”

Die Leeus is on­der ge­wel­di­ge druk om die reeks ge­lyk te maak na­dat hul­le voor­af be­skryf is as die bes­te toer­span wat in Nieu-See­land voet aan wal ge­sit het se­dert 1971 se tri­om­fan­te­li­ke Leeus.

“Ons het in be­son­der­he­de ge­praat oor dié uit­da­ging en ons weet dit is die be­lang­rik­ste wed­stryd wat ons ooit gaan speel.”

Kie­ran Re­ad, die All Black­kap­tein, het in­tus­sen sy span ge­waar­sku dat die man­ne in rooi met ’n ver­woe­de aan­slag vo­ren­dag sal kom.

“Ek ver­wag ’n rooi ge­ty, met die Leeus wat be­slis meer fi­siek sal wees. Dit is wat ek ver­wag en na uit­sien. Wan­neer ’n reeks­uit­slag op die spel is, maak dit span­ne ge­na­de­loos. Dit is die Leeus se toer en al­les waar­voor hul­le be­plan en ge­werk het, is op die spel.”

Fo­to: GETTY IMAGES

Ma­ko Vu­ni­po­la speel van­dag in sy ge­boor­te­stad, Wel­ling­ton, in die groot­ste toets van sy le­we.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.