Bal­da­di­ge Bul­le skok die Haaie

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den Straf­

Jan Ser­fon­tein en War­rick Ge­lant: Die Ko­nings van Kings­park. Dié twee Bul­le het Vry­dag­aand ge­skit­ter in hul span se Su­per­rug­by-se­ge van 30-17 oor die Haaie in Dur­ban.

Dit is on­ge­loof­lik wat self­ver­troue vir rug­by­spe­lers kan doen. Ser­fon­tein, die bin­ne­sen­ter, was die af­ge­lo­pe d­rie we­ke die S­pring­bok­ke se bes­te spe­ler in die reeks teen Frank­ryk, ter­wyl die heel­ag­ter Ge­lant vir die Suid-A­fri­kaan­se A-span uit­ge­blink het.

Dié duo was gif­tig in Dur­ban en hul­le het ook puik ge­kom­bi­neer.

Twee van Ge­lant se d­rie drieë is ge­skep deur Ser­fon­tein, wat die kuns om deur ga­pings te seil, her­ont­dek het.

Hoe­wel die Bul­le hul bes­te ver­to­ning van die sei­soen ge­le­wer het, was die tuis­span se uit­voe­ring van die ba­sie­se as­pek­te van die spel vrot.

On­ge­dwon­ge fou­te het sy mo­men­tum ge­reeld ge­knie­hal­ter. Die Haaie het ver­skeie ge­leent­he­de in die Bul­le se ge­vaar­so­ne ge­had, maar oor­haas­tig­heid en swak dis­si­pli­ne het ver­oor­saak dat dié be­we­gings op da­dels uit­loop.

Daar­teen­oor het die be­soe­kers van meet af aan hul voor­ne­mens om die bal by die vleu­els te kry, dui­de­lik laat blyk.

Die Bul­le het eer­ste toe­ge­slaan toe hul agt­ste­man, Nic de Ja­ger, die mak­lik­ste d­rie van sy loop­baan ge­druk het. Die Haaie se ha­ker, Fran­co Ma­rais, kon nie sy sprin­gers in ’n lyn­staan vyf me­ter voor sy eie doel­lyn vind nie. Hy het die bal oor­ge­gooi en De Ja­ger moes een­vou­dig die bal vang en oor­duik.

Die Haaie het ná De Ja­ger se ge­luk­skoot te­rug­ge­slaan met ’n d­rie deur T­ho­mas du Toit. Maar in die aan­loop tot dié d­rie het die ge­luks­go­din straks ’n bie­tjie vir die tuis­span ge­glim­lag.

Twee aan­geë – een deur die bin­ne­sen­ter An­dré Ester­hui­zen en een deur die vleu­el Od­wa N­dun­ga­ne – het baie na­by aan vo­ren­toe ge­lyk.

Die d­rie is nie­te­min toe­ge­ken en die Haaie het die voor­tou ge­neem. Dit het eg­ter nie lank so ge­bly nie.

Die Haaie het ’n teen­aan­val in hul eie ge­bied ge­loods en Ge­lant het op die mid­del­lyn vir Garth A­pril plat­ge­trek en die bal het los­ge­skiet. Die vleu­el Dun­can Mat­thews het die bal op­ge­pik, die laas­te ver­de­di­ger ge­trek en die bal na Ge­lant GALLO IMAGES laat loop wat af­ge­rond het.

Kort daar­na het Ser­fon­tein deur ’n ga­ping ge­glip en die heel­ag­ter weg­ge­stuur vir die laas­te d­rie van die eer­ste helf­te. Die Bul­le het met ’n voor­sprong van 17-10 gaan rus.

Cur­win Bosch het die eer­ste d­rie van die twee­de helf­te ge­druk, maar Ser­fon­tein het daar­na weer die lyn ge­breek en met ’n uit­ste­ken­de lang aan­gee vir Ge­lant in die hoe­kie oor­ge­stuur.

Die Haaie het daar­na die een na die an­der be­lo­wen­de be­we­ging met fou­te ge­smoor.

Ke­fent­se Mahlo, die Bul­le se lin­ker­vleu­el, het ’n baie be­vre­di­gen­de Su­per­rug­by-bui­ging ge­had.

Vir die Haaie het A­pril be­sig ge­lyk.

Pun­te­ma­kers: Haaie 17 (10): Drieë: Doel­skop­pe:

Cur­win Bosch. Bosch.

doel: Bul­le 30 (17): Drieë: Doel­skop­pe: Straf­doe­le:

Ge­lant (3). T­ho­mas du Toit, Bosch (2). Nic de Ja­ger, War­rick Ti­an S­choe­man (2). S­choe­man (2).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.