Op­win­den­de leef­ruim­te vir die ge­sin

Beeld - - Huisgids - Li­net­te Re­tief Die pa­tio lei na die spran­kel­blou swem­bad en die tuin, kom­pleet met boor­gat­wa­ter. Die oop­plan­leef­a­re­as spreek van ste­de­lik ge­ïn­spi­reer­de sjar­me.

As jy soek na ’n prent­jie­mooi huis met ’n a­sem­ro­wen­de in­dus­tri­ë­le voor­koms, kom­pleet met bak­steen en be­ton in die ar­gi­tek­tuur en de­kor, kyk hier – en niks ver­der nie!

Hier­die op­win­den­de wo­ning pronk met ’n voor­por­taal in aan­vul­len­de ska­ke­rings en trap­pe met u­niek ont­wer­pe staal­re­lings.

Die groot ste­de­lik ge­ïn­spi­reer­de oop­kon­sep-leef­ka­mer, ge­sins­ka­mer en eet­ka­mer staan uit dank­sy wit mu­re, be­ton­vloe­re en pro­duk­te uit her­won­ne ma­te­ri­aal. Die kombuis is ruim en aan­lok­lik, met plat­pa­neel­kas­te en by­der­wet­se klip­werk­op­per­vlak­ke, ’n hou­tei­land met be­lig­ting van bo en ’n eet­a­rea.

’n Ruim stu­deer­ka­mer dra by tot uit­son­der­li­ke ge­rief, ter­wyl die pa­tio lei na ’n ju­weel­blou swem­bad en sier­li­ke bin­ne­hof wat deel vorm van die luuk­se leef­a­rea on­der. Die tuin, vir die re­kord, word ge­heel en al deur boor­gat­wa­ter be­sproei.

Al die ka­mers bo is weel­de­rig groot met lief­li­ke en sui­te-bad­ka­mers en af­wer­kings, met ’n los­staan­de bad vir die hoof­slaap­ka­mer, as­ook ’n dub­be­le stort, twee was­bak­ke en hou­t­op­per­vlak­ke wat ’n heel nu­we di­men­sie aan die term “koel” ver­leen.

Van die hoof­slaap­ka­mer ge­praat, dié prag­stuk van ’n ver­trek het boon­op ge­noeg ruim­te vir ’n sit­ka­mer­stel wat dit i­de­aal sal maak vir ge­sel­li­ge win­ter­kui­er­tjies.

Nog bo­nus­se op die boon­ste ver­die­ping is ’n gim-a­rea, ’n kom- bui­sie en der­de sit-/speel­ka­mer, ’n vol­ko­me pri­va­te gas­tes­ui­te, met sy eie in­gang en kom­bui­sie, as­ook per­so­neel­ver­blyf met ’n eie bad­ka­mer en ’n goed ont­werp­te kombuis wat ook as ’n tuin­woon­stel ge­bruik kan word.

Les bes is hier­die ju­weel van ’n wo­ning nie net el­ke vrou se droom nie, maar ook el­ke man s’n, dank­sy vier mo­tor­hui­se en twee ek­stra werk­win­kels.

Lug, lig en ruim­te vorm deel van hier­die son­der­lin­ge wo­ning se sjar­me.

Die kombuis is e­ni­ge ont­wer­per en kok se droom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.