Be­jaar­de se naak­te lyk ge­vind

‘Dit is sleg, dit is al wat ek kan sê’

Beeld - - Front Page - Ni­co Gous

Dit het ge­lyk as­of ’n “tor­na­do” deur die plaas­huis is. Haar beur­sie met geld in en haar bank­kaar­te was daar, maar van El­sa Eras­mus (74) was daar geen te­ken nie.

Eras­mus se naak­te lyk is gis­ter om­streeks 12:30, so­wat 18 uur na­dat men­se by die huis be­gin op­daag het, el­ders op haar bees­plaas, Ne­w­cas­t­le, na­by A­ma­lia in Noord­wes ge­vind.

Haar han­de was ag­ter haar rug vas­ge­bind. Haar dog­ter Na­da Nel ver­moed die moor­de­naars het ser­pe of een van haar oor­le­de pa se das­se daar­voor ge­bruik.

“My pa se das­se, wat nog in sy kas ge­hang het, lê hier in die huis op die grond rond,” sê Nel.

Nel sê fa­mi­lie­le­de het Eras­mus Sa­ter­dag om­streeks 17:30 pro­beer kon­tak. Die eer­ste be­sorg­des het om­streeks 18:00 op die plaas op­ge­daag. Die huis se krag was af. ’n On­be­ken­de ge­tal aan­val­lers het Sa­ter­dag ver­moe­de­lik tus­sen 12:00 en 16:00 in­ge­breek.

Vol­gens Nel het hul­le die dief­we­ring voor die sit­ka­mer­ven­ster met ’n stuk ys­ter oop­ge­breek.

Nel sê dit is on­dui­de­lik of hul­le in­ge­breek het toe haar ma die mid­dag ge­slaap het en of hul­le haar in­ge­wag het toe sy van die bees­te af te­rug­ge­kom het. Die huis is om­ge­keer. Eras­mus se beur­sie met geld in en haar bank­kaar­te was nog in die slaap­ka­mer.

Die kluis is oop­ge­maak en Eras­mus se re­wol­wer en .22-ge­weer is ge­steel.

Ma­ri­us M­ül­ler, A­friForum se na­si­o­na­le vei­lig­heids­ko­ör­di­neer­der, sê dit lyk as­of ’n tor­na­do deur die huis is.

Die aan­val­lers is in Eras­mus se sil­wer­kleu­ri­ge Toyo­ta-dub­bel­ka­juit­bak­kie daar weg.

Die soek­tog is gis­ter­og­gend teen 02:00 ge­staak en 06:00 met sons­op­koms her­vat.

Om­streeks 09:30 is Eras­mus se bak­kie uit die pri­va­te en po­li­sie­he­li­kop­ters wat aan die soek­tog deel­ge­neem het, op­ge­merk. Dit het so­wat 2 km van die plaas­huis ge­staan.

Vol­gens ’n in­ge­lig­te het die aan­val­lers ver­moe­de­lik in die bak­kie ge­slaap, want die en­jin en die kom­ber­se in die bak­kie was nog warm.

Nel sê hul­le ver­moed die aan­val­lers het ver­dwaal tus­sen die kam­pe, wat e­lek­trie­se hei­nings het. “Hul­le kon nie ’n pad kry om weg te kom nie.”

Eras­mus was skri­ba van die NG ge­meen­te A­ma­lia.

Nel sê haar ma sou nie ’n vlieg ska­de aan­ge­doen het nie.

“Dit is sleg. Dit is al wat ek kan sê.”

Eras­mus woon se­dert haar troue in 1968 by A­ma­lia. Se­dert haar man, Hen­drik, drie jaar ge­le­de dood is, het sy al­leen op die plaas ge­woon.

Eras­mus se nig­gie, Est­her Fou­rie, sê sy was ’n hard­wer­ken­de vrou wat baie vir die ge­meen­skap om­ge­gee het. “Prag­tig. Om­gee. Noem dit.” Nel het twee sus­ters, El­ma Pot­gie­ter en Cis­ka Muth.

Nie­mand is teen gis­ter­aand nog in heg­te­nis ge­neem nie. Die po­li­sie was laat­mid­dag nog op die to­neel. Sers. Ke­le­bo­gi­le Mo­le­ko, po­li­sie­woord­voer­der, sê die po­li­sie pro­beer nog vas­stel hoe sy ver­moor is.

El­sa Eras­mus

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.