SA goed­ko­per as NY, maar ‘duur vir ons’

Beeld - - Front Page - Je­a­nel­le G­rey­ling

Die mis­daad­sy­fer is hoog en die po­li­tie­ke stru­we­lin­ge taam­lik skrik­wek­kend, maar Suid-A­fri­ka­ners het iets om oor dank­baar te wees: Ons woon in ’n re­la­tief goed­koop land.

Dít is vol­gens GoBan­kingRa­tes, wat vier fak­to­re in ag neem om te be­paal hoe be­kos­tig­baar ’n land is: koop­krag, huur­geld, die prys van in­ko­pies en die ver­brui­kers­prys­in­deks. Dit word dan ver­ge­lyk met dié van die stad New York.

Suid-A­fri­ka se koop­krag is 26,9% ster­ker as New York s’n, huur kos 87,5% min­der, in­ko­pies is 71% goed­ko­per en plaas­li­ke goe­de­re en diens­te kos ge­mid­deld 65,8% min­der.

Suid-A­fri­ka is ook die wê­reld se groot­ste ver­skaf­fer van pla­ti­num en chroom, wat heel­wat help om die land en sy e­ko­no­mie te ver­ryk, be­rig Ti­me.

“In Kaap­stad is die maan­de­lik­se uit­ga­wes net min­der as $400 (R5 230). Die ti­pie­se huur­geld vir ’n een­slaap­ka­mer­woon­stel in Dur­ban is so­wat $280 (R3 660) per maand.”

Mi­ke S­chüs­sler, hoof­e­ko­noom van E­co­no­mis­ts.co.za, sê hy stem saam dat Suid-A­fri­ka re­la­tief goed­koop is, “maar dit is duur vir ons”.

“Ons ver­dien nie sul­ke groot sa­la­ris­se nie en ons rand is swak­ker as die dol­lar en die eu­ro.”

Boon­op is o­pen­ba­re diens­te in Eer­ste­wê­reld­lan­de doel­tref­fen­der en o­pen­ba­re ver­voer is nie so ge­vaar­lik nie. “Die kans dat jy in Eu­ro­pa be­roof word, is klei­ner. In Lon­den kan jy mid­der­nag ’n bus kry, maar nie in Suid-A­fri­ka nie,” sê hy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.