ANC­le­de wat mo­sie steun, ‘sny eie keel af’

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

ANC-LP’s wat daar­aan dink om op­po­si­sie­par­tye se mo­sie van wan­troue in pres. Ja­cob Zu­ma te steun, is “self­moord­bom­plan­ters” wat daar­deur po­li­tie­ke self­moord sal pleeg.

Só het Fi­ki­le M­ba­lu­la gis­ter ge­sê toe hy die me­dia toe­ge­spreek het by die ANC se na­si­o­na­le be­leids­kon­fe­ren­sie in sy hoe­da­nig­heid as voor­sit­ter van die par­ty se sub­ko­mi­tee oor or­ga­ni­sa­to­rie­se ont­wik­ke­ling.

Dit was op die­self­de dag dat Ba­le­ka M­be­te, spea­ker van die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring, ná kon­sul­ta­sies met al­le po­li­tie­ke par­tye aan­ge­kon­dig het die mo­sie van wan­troue teen Zu­ma sal nou op 8 Au­gus­tus ge­de­bat­teer word en nie meer op 3 Au­gus­tus, soos vroe­ër aan­ge­kon­dig is nie.

M­be­te, wat ook ANC-voor­sit­ter is en die be­leids­kon­fe­ren­sie by­woon, het aan­ge­kon­dig dat par­tye tot 14 Ju­lie het om hul ver­ko­se ma­nier van stem­ming, be­doe­lend ’n oop of ge­hei­me stem­me­ry, aan te dui.

“Die spea­ker sal haar be­sluit met be­trek­king tot die toe­pas­li­ke stem­pro­se­du­re voor die ge­ske­du­leer­de de­bat op 8 Au­gus­tus aan­kon­dig,” het M­be­te in ’n ver­kla­ring ge­sê.

Die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof het vroe­ër be­slis dat die be­sluit van ’n oop of ge­hei­me stem­me­ry ty­dens die de­bat by M­be­te lê – na­dat die UDM vroe­ër dié hof ge­na­der om te ver­soek dat LP’s in die ge­heim ty­dens die de­bat kan stem om on­der meer ANC-LP’s teen vik­ti­mi­se­ring te be­skerm as hul­le so ’n mo­sie teen die be­le­ër­de Zu­ma sal steun.

M­ba­lu­la het gis­ter eg­ter nie doe­kies om­ge­draai oor die ge­vol­ge van ANC-LP’s wat be­oog om nie ge­hoor te gee aan die ANC-op­drag om nie die mo­sie te steun nie.

“Le­de van die ANC het geen reg om hul eie baad­jie in die par­le­ment te ver­teen­woor­dig nie. Hul­le ver­teen­woor­dig die or­ga­ni­sa­sie. Hul­le is self­moord­bom­plan­ters. ’n Self­moord­bom­plan­ter is ie­mand wat vir ’n i­de­o­lo­gie sterf, of dit nou reg of ver­keerd is.”

Vol­gens M­ba­lu­la is die ANC ’n par­ty “wat uit sy fou­te leer” en sal die fou­te, reg­ge­stel word.

“En ons sal dit van hier­die be­leids­kon­fe­ren­sie af tot by die ver­kie­sings­kon­fe­ren­sie (in De­sem­ber) pro­beer reg­stel. Daar is din­ge wat ons aan­spreek. Ons sal nooit toe­laat dat ons or­ga­ni­sa­sie hom­self ver­nie­tig nie.

“Die ANC het moei­li­ke tye oor­leef en er­vaar tans nog ’n moei­li­ke tyd­perk, en ons sal dít ook oor­leef.”

Op die vraag of die ANC nie in­plof na­dat hy drie me­tro’s in ver­le­de jaar se mu­ni­si­pa­le ver­kie­sings ver­loor het nie, en of die par­ty voor die land ge­stel word, het M­ba­lu­la ge­sê “die land kom eer­ste”.

“Dit sal eg­ter self­ver­nie­ti­gend vir die ANC wees as hy die op­po­si­sie toe­laat om aan hom te dik­teer wat met die ANC moet ge­beur. Ons kan ons nie deur die op­po­si­sie laat lei wat weens po­pu­lis­me po­li­tie­ke pun­te wil be­haal nie. Ons is vír SuidA­fri­ka, maar het as ’n par­ty ook ei­e­be­lan­ge. Die ANC moet sy werk doen en hom­self van bin­ne her­stel. En dit is wat ons sal doen.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.