DA vra on­der­soek na Bell Pot­tin­ger

Beeld - - Nuus - Jackie Kru­ger

Die DA het twee re­gu­la­to­rie­se or­ga­ni­sa­sies in B­rit­tan­je ge­vra om ’n o­pen­ba­re ska­kel­maat­skap­py te on­der­soek oor be­we­rings dat hy ras­se­haat in Suid-A­fri­ka be­vor­der het.

Die DA het aan die O­pen­ba­re Be­trek­kin­ge en Kom­mu­ni­ka­sie-ver­e­ni­ging (PRCA) so­wel as die Ge­ok­trooi­eer­de In­s­ti­tuut van O­pen­ba­re Be­trek­kin­ge (CIPR) ge­skryf om amp­te­li­ke klag­te oor die be­we­rings teen die ska­kel­maat­skap­py Bell Pot­tin­ger in te dien.

Die DA het gis­ter in ’n ver­kla­ring op sy web­tuis­te ge­sê Du­du­za­ne Zu­ma, in sy hoe­da­nig­heid as ’n werk­ne­mer van die Gup­ta-fa­mi­lie, het die diens­te van Bell Pot­tin­ger be­kom, blyk­baar in ’n po­ging om die Suid-A­fri­kaan­se pu­bliek “te ver­deel en te on­der­werp” deur ras­se­span­ning uit te buit en so pres. Ja­cob Zu­ma en die ANC aan die be­wind te hou.

Lui­dens die ver­kla­ring is Bell Pot­tin­ger ’n lid van die PRCA en die CIPR. Al­bei or­ga­ni­sa­sies het ’n dui­de­li­ke ge­drags­ko­de waar­aan ska­kel­maat­skap­pye moet vol­doen.

In ’n uit­ge­lek­te e-pos het Nick Lam­bert, ’n se­ni­or ad­vi­seur van Bell Pot­tin­ger, “sleu­tel-oom­blik­ke” gei­den­ti­fi­seer in ’n toe­spraak deur die lei­er van die ANC-jeug­li­ga, Col­len Mai­ne. Dit sluit die aan­ha­ling in: “Die­ge­ne wat die staats­re­de wil ont­wrig, moet hul­le klaar­maak vir ’n bur­ger­oor­log.”

Vol­gens die DA is dit ont­stel­lend dat die aan­hit­sing van ’n bur­ger­oor­log in Suid-A­fri­ka as ’n “sleu­teloom­blik” deur ’n Bell Pot­tin­ger-ad­vi­seur ge­ï­den­ti­fi­seer word.

Die DA het aan al­bei or­ga­ni­sa­sies ge­skryf om amp­te­li­ke klag­te teen Bell Pot­tin­ger in te dien.

Fo­to: B­REN­DAN CROFT

Du­du­za­ne Zu­ma

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.