‘Nie­mand is vei­lig’ ná twee po­li­sie­le­de se dood

Beeld - - Nuus - – Je­a­nel­le G­rey­ling

Die feit dat twee po­li­sie­le­de Don­der­dag in Kof­fie­fon­tein in die Vry­staat dood­ge­skiet is, be­wys dat “nie­mand in ons land vei­lig is nie”, het Fi­ki­le M­ba­lu­la, mi­nis­ter van po­li­sie, Sa­ter­dag ge­sê.

Twee po­li­sie­kon­sta­bels is Don­der­dag in die vroeë og­gend­u­re in die aan­klag­kan­toor van die Kof­fie­fon­tein-po­li­sie­kan­toor klaar­blyk­lik oor­val en ver­moor ter­wyl hul­le aan diens was.

“Die moor­de raak die mo­reel van dié op wie ons staat­maak in ons ure van nood. Die moor­de op po­li­sie­le­de is ’n aan­val op die staat en die pu­bliek,” sê M­ba­lu­la in ’n me­di­a­ver­kla­ring.

M­ba­lu­la sê lt.genl. Le­setja Mo­thi­ba, waar­ne­men­de na­si­o­na­le po­li­sie­kom­mis­sa­ris, gaan spe­si­a­le taak­span­ne aan­stel om die ge­bie­de waar po­li­sie­le­de ge­tei­ken word te on­der­soek. Die span­ne moet glo el­ke 12 uur aan die mi­nis­ter rap­por­teer tot­dat hul ont­plooi­ing vol­tooi is.

“Ek wil die mis­da­di­gers kry en deur hul­le ’n bood­skap stuur dat die moord op po­li­sie­le­de ’n on­uit­staan­ba­re en on­aan­vaar­ba­re aan­val op die staat is.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.