M­bom­be­la we­mel al van men­se

Ve­le eer­stes op van­jaar se kuns­te­fees

Beeld - - Nuus - A­let Jou­bert

Die fees­ba­nie­re wap­per, die ten­te en mal­le­meu­le is op­ge­slaan en die kaart­jie­kan­toor we­mel van be­soe­kers. M­bom­be­la is ge­reed vir Innibos 2017.

Die fees­ter­rein o­pen Woens­dag amp­te­lik om 10:00 vir ’n “A­fri­kaan­se fees vir Suid-A­fri­ka­ners”, sê San­dra Ja­cobs, Innibos se me­dia- en be­mar­kings­be­stuur­der.

Ja­cobs is ’n me­de­stig­ter van Innibos, wat van­jaar vir die 14de keer aan­ge­bied word.

“Dit bly vir my ver­ras­send dat so baie men­se van die fees hou en ál 13 die vo­ri­ge fees­te by­ge­woon het.”

Oor die vier dae van Innibos word so­wat 110 000 “voe­te deur die hek­ke” van die fees­ter­rein ver­wag. Op be­soe­kers wag ses ver­hoë waar van die land se top­mu­si­kan­te op­tree, ’n kui­er­te­a­ter, ’n bos­bi­o­skoop, se­we wy­nen bier­ten­te, kos- en kuns­mark­stal­le­tjies en ’n kin­der­park waar die klein­goed van vroeg tot laat kan be­sig bly.

“Die ver­maak op die fees­ter­rein is in­ge­sluit in die toe­gangs­prys. Al­les – van mu­siek van Bob­by van Jaarsveld tot Ger­tjie die brand­weer-ert­jie vir die kin­ders – is in­ge­sluit in die toe­gangs­geld van R110. Dit on­der­skei ons van tal­le an­der fees­te.”

Wat Innibos van­jaar ook on­der­skei, is dat hy twee pro­duk­sies uit die pen van PG du P­les­sis, skry­wer en dra­ma­turg wat on­langs dood is, aan­bied.

“Al­bert Ma­ritz, re­gis­seur van Nag van Le­gio, wat pas ’n voor­skou in die Kaap ge­had het, het laat weet die ge­hoor het eers ge­gig­gel, maar is toe teen die ein­de heel­te­mal stom ge­laat,” sê Ja­cobs.

Du P­les­sis se im­mer­ge­wil­de Ko­ö­pe­ra­sie­sto­ries word ook op­ge­voer.

Ja­cobs sê een van die hoog­te­pun­te op die fees is die kuns­ku­ra­tor John An­tho­ny Boer­ma se My 30- uit­stal­ling.

“Dit is John se laas­te jaar as fees­ku­ra­tor en hy het be­sluit om die 30 skil­de­rye, wat el­ke SuidA­fri­ka­ner móét sien, by­me­kaar te kry. Dit was om­trent ’n ge­be­del om ga­le­rye te oor­tuig om die kuns­skat­te be­skik­baar te maak. Waar in die La­e­veld gaan jy ooit weer die ge­leent­heid kry om dit te sien?” Dié uit­stal­ling o­pen reeds mô­re­aand.

Nog ’n nuut­jie vir Innibos is die hand­werk­kom­pe­ti­sie waar­van die wen­ners reeds gis­ter­aand aan­ge­wys spu word.

“Ons het 700 in­skry­wings van oor die land heen ont­vang en die werk is uit­staan­de. Daar is on­der meer ’n ge­he­kel­de koe­doe­kop en ’n mans­pak net van kra­le­tjies.”

Laat­sla­pers wat nog ver­blyf soek, sal moet spring. Die Kru­ger La­e­veld se ka­mer van han­del en toe­ris­me se le­de het skaars plek oor vir ’n muis, “maar men­se kan ons bel by 013 755 1988, ons maak ’n plan”, sê Lin­da G­rim­beek, be­dryfs­be­stuur­der.

Be­soek innibos.co.za vir ’n vol­le­di­ge pro­gram en nog be­son­der­he­de.

Die ver­maak op die fees­ter­rein is in­ge­sluit in die toe­gangs­prys. Al­les – van mu­siek van Bob­by van Jaarsveld tot Ger­tjie die brand­weer­ert­jie vir die kin­ders – is in­ge­sluit in die toe­gangs­geld van R110. Dit on­der­skei ons van tal­le an­der fees­te. — SAN­DRA JA­COBS

Die mal­le­meu­le is reeds op­ge­slaan vir Innibos 2017.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.